Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

NIEMAND KAN TWEE MEESTERS DIEN NIE!
B.D.4408 - 18 Augustus 1948
Niemand kan twee meesters dien nie. Wie hulle met My wil verbind, sal nooit sy oë op die wêreld kan rig nie, want Ek is slegs buite die wêreld te vinde en as Ek My laat vind, dan moet die verlange na die wêreld tersyde gestel word, dit moet glad geen aandag kry nie, want die wêreld behoort aan My teenstander, dit is sy domein waar hy heer en Heer is. En sy strewe is waarlik nie daarop gerig om die mense deur middel van die wêreld na My toe te lei nie, inteendeel, hy probeer om My te verdring, hy probeer steeds om die wêreld op die voorgrond te plaas sodat Ek vergeet sal word.
Diegene onder u wat dit nou ernstig bedoel met die positiewe ontwikkeling, kan die wêreld nog onmoontlik haar tol verhaal; hy staan weliswaar midde in die wêreld wat groot eise aan hom stel en wat hy moet nakom: maar mens moet wel onderskeid maak tussen die vervulde plig en `n eie verlange na die wêreld. Die eerste is heeltemal volgens My Wil, want daar is aan u, aards gesien, `n taak gestel, waarnaas u egter ook volledig u geestelike opdrag, die vervolmaking van die siel, sal kan vervul, as die verlange na die wêreld nie oorheers nie, wat daarin bestaan dat aardse vreugde en begeertes die oorhand het op geestelike goedere, sodat die mens My deur dit alles vergeet, selfs die gedagte aan My vir hom lastig is en hy My sodoende verwerp.
Wie daarna streef om aan hom, dit wil sê, sy liggaam, `n te groot mate van welbehae te verskaf, hetsy deur die vervulling van liggaamlike begeertes, sinlike en vleeslike lus, of ook deur die bymekaarmaak van materiële goedere en daarby nie aan sy naaste dink nie, wie dus maar net streef na eie welsyn, hy is deur die wêreld gevang, hy is `n gewillige werktuig van My teenstander en hy sal nooit die weg na My vind as hy nie die verlange na die materiële wêreld laat staan nie, as hy hom nie verinnerlik en streef na geestelike goedere nie. Om tegelykertyd beide te doen is nie moontlik nie, want dan dien hy twee meesters en sal geeneen van beide dienste goed kan vervul nie.
As u My soek, moet u oë gerig wees na die hemel, want Ek is bo, nie benede nie: Benede is egter waar My teenstander sy ryk het, waar u nog liggaamlik vertoef, maar waaruit u siel altyd omhoog kan styg in My ryk, na My. Bevind die liggaam hom egter nog in die ryk van My teenstander, dan kan die siel, u denke, gevoel en wil, hom tog steeds verhef in sfere wat buite die aarde lê en dit verlang Ek van hom wat My wil vind, wat My wil dien en dus Myne wil wees. Dan verbind die geestesvonk in hom met die Vadergees van die ewigheid, want as hy in alle erns na My streef, is sy hart ook met liefde vervul, hy wat niks met die liefde tot die wêreld in gemeen het nie. En as gevolg van hierdie liefde, sal hy tot die naaste spreek en daardeur bring die mens die verbinding met My tot stand, hy doen afstand van dit wat aan die wêreld behoort. Op die manier gee hy om vir die naaste en is hom behulpsaam en, omdat Ek dié gebod uitgevaardig het, dien hy ook vir My, as sy Heer.
Die liefde tot die wêreld is `n vorm van eieliefde, die liefde wat die mens moet bestry as hy salig wil word. Dus moet hy ook die liefde tot die wêreld bestry en probeer om die wense van die siel te vervul wat, gedryf deur die gees in homself, betrekking sal hê op geestelike goedere en blyke van die liefde vir My gee. Want Ek alleen is die Heer vir Wie u moet dien as u salig wil word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205