Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE VERBREIDING VAN DIE OPENBARINGS
B.D.4885 - 29 April 1950
Daar is `n bepaalde tyd gestel om vir My en My ryk te werk, en dit moet u na u vermoë gebruik. Wat u van bo deur My gegee word het daarom slegs sy waarde as dit verbrei word, omdat Ek nie tot één mens alleen spreek nie, maar deur `n mens tot almal wat My wil hoor. Hulle moet dus My woord leer ken en dit vereis totale toewyding van u krag en u wil.
Oral het Ek sieners en profete laat opstaan sodat aan die mensdom melding gemaak sal word van die erns van die tyd en die komende wêreldoordeel. Wanneer daar geloof aan hulle geskenk word, berei die mense hulle ook voor. Maar Ek kan niemand dwing om te glo nie, dit is heeltemal `n saak van die vrye wil, om welke rede daar ook van My kant af verder niks kan gebeur nie, om My steeds weer te openbaar aan hulle wat My openbarings in ontvangs kan neem vanweë hulle wil en hulle lewenswandel.
Daarom sal hierdie openbarings ook maar net deur diegene aanvaar word wat ook self `n lewe van liefde volgens My Wil, wil lei. Hulle sal ook weet watter waarde om aan My openbarings toe te ken en hulle strewe sal wees om vir die verbreiding sorg te dra.
Waar `n wil is, is `n weg. Want elke keer word onderneem om dit wat vir My en Myne werksaam is, aan die mense bekend te maak, om die medemens van die ewige ondergang te red, om hulle in kennis te stel van die onafwendbare wat op die mensdom toekom, dit seën Ek. En elke moontlikheid kan benut word, die verbreding kan op velerlei maniere gebeur, steeds sal My seën daarop rus, omdat dit dringend nodig is dat die mense kennis neem van My woord, wat u suiwer en onvervormd uit die hoë gegee word. Nie verniet spreek Ek deur My Gees tot die mense nie, nie verniet kies Ek vir Myself die bevoegde mense deur wie Ek kan werk in die gees nie. Hulle arbeid mag nie as lou en onverskillig beskou en behandel word nie, want altyd is Ek die Een wat aan u, mense, u onverskilligheid toon.
Wie My woord het, moet dit verder dra. Wie dit van hulle ontvang, moet eweneens daarmee werk, sodra hy dit as My woord herken het, en wie dit nie herken nie, die behoort nie tot Myne nie, maar hy moet daaroor nadink, want eendag sal daar van hom rekenskap gevra word oor hoe sy instelling was teenoor die barmhartigheidsgawe waarmee Ek hom in aanraking gebring het.
En so moet elke dag benut word, daar moet geen dag verbygaan sonder geestelike arbeid nie; dit geld in die besonder vir diegene wat wil deelneem aan die verlossing van dwalende siele. Vanuit My word alle ondersteuning aan hulle gegee wat dus `n verbreiding van die suiwer waarheid moontlik maak. En daarom moet alles waarmee My dienaars gekonfronteer word, bekyk word vanuit die sin van die arbeid vir My en My ryk. Want Ek bring Myne bymekaar sodat hulle saam kan werk vir My in die laaste tyd voor die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205