Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE ARBEIDERS IN DIE WINGERD HET `N PLIG OM TEEN DIE DWALING OP TE TREE
B.D.8915 - 22 Januarie 1965
U taak is om op te kom vir die waarheid wat u van My sal ontvang. As Ek u in kennis stel van sake wat vals voorgestel word, dan het u `n plig om ingestel te wees teenoor van die geestelike leringe wat aan u geleer is, en dit nie stilswyend te aanvaar as u met dwaling gekonfronteer word nie. Want daarom straal Ek die lig van die waarheid na die aarde, om juis die leuens en die dwaling te weerlê, omdat die dwaling vir die mense `n gevaar is, as die lig van die waarheid nie daarop val nie en sodoende gaan die dwaling gepaard met die waarheid.
Begryp dit tog dat dit nie dieselfde is of u die waarheid geskenk word of nie. Begryp dit dat deur te dwaal u die weg na My nie sal vind nie en dat u uself daarvan moet onthou, as dit nie op aarde is nie, dan is dit wel in die ryk hierna. En voordat u nie in die hele waarheid vasstaan nie, kan daar vir u geen geluksaligheid wees nie. Daarom het Ek ook stryders nodig wat steeds die waarheid na vore bring, wat nie terugdeins om hul kennis met die medemens te deel nie, sodat elkeen kan kies tussen die dwaling en die waarheid.
U weet nie hoeveel dwaling daar in die wêreld is nie, Ek weet dit egter goed en kan dit daarom nie stilswyend duld nie. Omdat Ek egter geen mens dwing om die waarheid aan te neem nie, kan Ek slegs dit doen, om stryders vir Myself op te lei, wat in My plek spreek en ook die dwaling aanpak wanneer dit duidelik sigbaar word, want meestal verskuil hy hom agter `n masker wat My teenstander verberg.
En dit is die grootste boosheid, dat hy met dieselfde middele werk om My en My lig uit te doof. Daarom kan daar nie streng genoeg daarteen opgetree word nie, en hy wat weet dat hy in die besit is van die suiwer waarheid, hy sal steeds daarvoor opkom, omdat hy `n barmhartigheidgeskenk, van groot betekenis ontvang het, wat vir hom die stryd erg verlig, want hy kan alles beredeneer en hy hoef nie te vrees dat My teenstander sy baas is nie, want hy sal die wapens altyd voor die lig neerlê. En lig gee Ek u in oorvloed, sodat dit vir u baie maklik is om te verstaan wat die herkoms van die verkeerde geestelike leringe is, wat teenoorgesteld van die lig van bo, gerig is. En sodoende sal u dit nie stilswyend mag duld nie, want wat teen die waarheid gerig is, is leuens en teen die leuens trek Ek ten stryde.
Die mense weet nie in welke warboel van valse leerstellings hulle hulleself bevind nie. En wie hulle nie kan vrymaak op grond van die suiwer waarheid nie, sal belas daarmee die ryk hierna ingaan as die graad van sy liefde nie `n bliksemsnelle verandering ondergaan nie, maar dan sal hy ook al in sy aardse lewe die dwaling kon herken het en sou hy alles afgekeur het wat nie met die waarheid ooreengestem het nie. Want die liefde sal hom verlig en hy sal onwillekeurig weerstand bied teen valse leringe.
Hoe meer dit na die einde loop, des te meer sal daar sogenaamde "ontvangers van die woord" op die voorgrond tree en hulle sal hulle valse boodskappe wil verkondig en dan gaan dit daaroor, om onderskeid te maak tussen die geeste. Want werklike sataniese bodes sal daar onder hulle wees, wat in opdrag van hom aktief sal wees, wat die wêreld ten gronde wil laat gaan, wat vir die mense die omdraai pad na My, heeltemal onmoontlik probeer maak.
U, wat My egter wil dien, u sal hulle herken en weet wat u van die boodskappe moet dink. En nooit mag u uit toegewendheid een van hierdie boodskappe aanvaar nie, want wie die leuens nie bestry nie, die laat hom deur haar gevange neem en daarom raak sy denke verward en hy sal die suiwer waarheid nie meer kan herken nie. En dit is sy plan: om ook die gees, van hulle wat van hom wil skei, in verwarring te bring, om hulle sodoende weer in sy mag te kry. Want geen middel is vir hom te minderwaardig nie en geen lis te gemeen, as hy sy doel wil bereik nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205