Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE GAWE OM TE ONDERRIG. LEERAMP
B.D.3730 - 30 Maart 1945
Die gawe om in My Naam te onderrig sal u ten deel val wanneer u missie begin. U sal u vervul voel met My Gees en nou ook met oortuiging kan spreek, want Ekself uiter My deur u. Ek lê u die woorde in die mond en tog sal u verstand ook begryp wat u sê, wat u, deur My Gees gedryf, die medemens nou oordra. Want dit is die inhoud van My woord wat uit die hoë tot u kom, uit die ryk van die Lig waarvan die waarheid uitgaan.
Daarom sal u slegs suiwer waarheid verbreed as u onderrig in My Naam.
Daar sal gedagtes na u toe stroom wat u sal opvang met u hart en verstand en dit sal uself met innerlike vreugde vervul dat u geestelike leringe wat bomate waardevol is, mag verbreed. En die liefde, die hart, sal u aanspoor om aan u medemens uit te deel wat uself gelukkig maak. Want hy wat onderrig is ryk aan kennis en bygevolg deur My geroep vir sy leeramp.
Dog in alle erns moet hy teen die valse lerare en profete optree en hulle leerstellings probeer weerlê, in sover hulle nie met die waarheid ooreenkom nie. Hy mag dus nie vrees om nie teen hulle opgewasse te wees nie, want wederom is dit nie hyself nie, maar My Gees wat uit hom spreek. En My Gees oortref alle menslike verstand. Hy kan die moeilikste probleme oplos, die grootste dwaling blootlê en weerlê en Hy vind geen teenstander op aarde wat Hom in wysheid oortref nie. Maar daar moet vir Hom geleentheid gegee word om te werk deur u bereidwilligheid, ook teenoor ander wat die leeramp op hom neem, dit wil sê, u mag u nie ver stel of laat afskrik nie, as die (eie) wysheid van die menslike verstand u rekenskap wil vra om u uit te skakel of u leerstellings te ontkrag. Stel u daarom slegs innig in verbinding met My en u sal ook die grootste redenaar kan verslaan, omdat Ek die Een is wat Hom deur u laat uiter en daar waarlik niemand teen My opgewasse is nie.
Laat u besiel deur u gees, hy sal u korrek lei, hy sal u die goeie laat doen en laat spreek en hy sal u gedagtes orden, want wie Ek `n leeramp gee, hom gee Ek ook My hulp om dit reg uit te oefen. Want Ek wil dat die waarheid verbreed word, dat die leuens en die dwaling gebrandmerk word en dat die denke van die mens weer die korrekte rigting sal opgaan, want slegs deur die waarheid kan die mens salig word.
En daarom moet u, My dissipels op aarde uself aan My as draers van die waarheid ter beskikking stel, waar en wanneer Ek u nodig het. Dit sal u deur My Gees in u bekend gemaak word, sodat u van alle verantwoording om verkeerd te handel, onthef is. Want wie hom vir My aangebied het, hom lei en bestuur Ekself, sodat hy My Wil kan volbring.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205