Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

SLEGS `N GEWEKTE GEES KAN `N KORREKTE OORDEEL VEL
B.D.7918 - 13 Junie 1961
As `n geestelike lering aan u voorgelê word om te ondersoek, wend u dan tot My, dat Ek u denke reg kan lei, dat Ek u in staat kan stel om `n korrekte oordeel te vel. Want u verstand is nie in staat tot `n korrekte oordeel op geestelike gebied nie. Dit moet `n gees wees wat opgewek is, wat u lei om korrek te dink, en altyd moet Ekself, as die Vadergees van die ewigheid, in verbinding kan tree met die geesvonk in u, as korrekte denke gewaarborg moet wees, as u oordeel ook waarheidsgetrou moet uitval, as u geestelike leringe ondersoek op hul herkoms. Die verstand kan so `n ondersoek nie verrig nie en as u dit doen, dan is die waarborg vir die waarheid geensins gegee nie, want die Waarheid gaan van My uit en Sy word alleen verstaan deur diegene wat hulle met My in verbinding stel, wat My vra om verligting van hul denke wat dus niks anders as die waarheid wil laat geld nie.
Daarom moet u, mense, u verstand nie te hoog ag nie, want sodra dit oor geestelike gebiede gaan, wil Ekself gevra word, omdat die waarheid andersins altyd slegs `n voorreg van die mense sou wees, wie se verstand hoog ontwikkel is. Ek stel egter `n ander voorwaarde vir korrekte, waarheidsgetroue denke: Ek verlang die liefde van u, mense, wat u gees wek, wat u gedagtes verlig, wat `n regstreekse band is met My, Wie die ewige Liefde en die ewige Waarheid Is.
`n Skerp verstand waarborg egter nog geen lewe in liefde nie en derhalwe kan `n skerp verstand ook deur My teenstander gebruik word daar waar die liefde ontbreek, en daar sal dan nooit `n korrekte denke te verwag wees nie, omdat My teenstander sy invloed uitoefen om teen My te werk, om die waarheid, wat hom ontmasker het, te ondergrawe. Begryp dit, dat alleen die mens, wat in liefde leef, wys kan wees omdat hierdie mens dan in die goddelike ordening leef en hy hom dus daarom ook in die lig bevind, insig het, op die hoogte is van die suiwer waarheid. Wat help so `n hoog ontwikkelde verstandelike denke `n mens as die liefde ontbreek?
Dit sal nie vir u die waarheid kan gee nie, dit sal u denke veel meer op dwaalweë lei, want dit is `n werktuig van My teenstander wat altyd daar tussenbeide sal kom waar die mens in stryd met die goddelike ordening leef, waar die beginsel van die liefde nie die oorhand het nie.
Die liefde beskerm hom teen die invloed, die liefde kenmerk hom as `n goddelike skepsel, die liefde is `n bewys van die band met My en dus ook van die altyd korrekte denke. En so sal hy ook altyd in die waarheid verkeer, hy sal in staat wees om reg te oordeel, as dit daarom gaan om geestelike leringe te ondersoek en hy sal elke onware lering afkeur. Die graad van liefde is dus bepalend hoe ver `n mens in die waarheid verkeer, nie die mate van leringe wat van buite aangebring word nie, wat nog solank `n dooie kennis sal bly, solank as wat die gees nie deur die liefde gewek is nie. Daarom is daar soveel dwaling in die wêreld versprei en daarom word die dwaling ook baie eerder aangeneem as die waarheid, omdat die vermoë om korrek te oordeel by die mense ontbreek en hulle daarom sonder beswaar alles glo wat aan hulle aangebied word van die kant van diegene wat met `n skerp verstand begaaf is en derhalwe as “bevoeg”, beskou word om die geestelike lering vir waarheid te toets.
U moet Myself altyd om hulp vra, u moet altyd My ondersteuning afbid, as u nie op dwaalweë gevoer wil word nie. U moet My steeds vir die verligting van gees smeek, vir `n korrekte denke en vir die kennis van die waarheid. En u verlange na die waarheid sal u ook waarborg om korrek te dink, want Ekself wil dat u in die waarheid wandel. Ekself wil ook dat u `n korrekte oordeel uitspreek sodra u daarom versoek word.
Maar Ek wil ook altyd gesien word as die Een van Wie die waarheid uitgaan en van Wie dit dan ook gevra moet word, want slegs Ek alleen kan die waarheid aan u verskaf. En Ek laat die waarheid ook toekom deur diegene wie se gees gewek is, omdat hulle in die liefde lewe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205