Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

STRY MET DIE SWAARD VAN DIE MOND
B.D.5627 - 1 Mei 1953
Neem die stryd op teen alles wat geestelik teen u gerig is. Stry met die swaard van die mond, want dit is `n Heilige stryd. U is stryders vir My en My ryk. Wat geestelik in teenstelling is met u as u My en My ryk verdedig teenoor die wêreld, wat teen My gerig is. My suiwer evangelie moet aan die mense verkondig word. Daarom stuur Ek My dissipels die wêreld in, sodat hulle alle volkere kan onderrig. Slegs deur die suiwer evangelie, slegs deur die waarheid kan hulle die ryk van God verkry, want die waarheid maak My bekend en wys die weg na My.
Sodra die waarheid misvormd word, is die weg na My ook ongelyk. Ekself is nie meer goed herkenbaar nie, die doel van die mens word onduidelik en daarom nie meer nagestreef nie. As die mens nou weer die weg na die ewige lewe getoon word, dan moet die waarheid hulle eers weer bereik. Ekself moet helder en duidelik herken kan word. Eers dan sal die mense weer na die korrekte doel streef; hulle sal My kan bereik en salig word en ewig lewe.
Ekself is die Weg, die Waarheid en die Lewe! En u wat Ek as My dissipels vir die eindtyd uitgekies en opgelei het, u ken die waarheid. Van Myself het u dit verneem en u weet ook wat se gevaar dwaling en leuens is en in welke geestelike nood die mense hulle bevind wat nie in die waarheid onderrig word nie. Daarom is dwaling en leuens `n sterk vyand van My en ook van u wat in die waarheid vasstaan. En teen hierdie vyand moet u te velde trek. Hierdie opdrag gee Ek u altyd weer, dat u vir My en My ryk moet stry, dat u moet stry met die swaard van u mond.
U sal weliswaar baie vyande vind wat met oortuiging hulle valse leer glo, maar u kan teenoor hulle dwaallere die suiwer waarheid stel en u sal hulle steeds kan verslaan, sodra hulle geen openlike aanhangers van die vors van die duisternis is nie in sover dat hulle absoluut nie die lig en die waarheid wil sien nie, dat hulle nie vir die reg stry nie, maar vir hulleself en hul mag.
U swaard sal waarlik skerp geslyp wees, want u sal alles wat vals is, kan weerlê. Die woorde sal u in die mond gelê word, My Gees sal u lei. Ekself staan u as Leëraanvoerder by en die waarheid sal ook seëvier, en dit kan egter ook baie offers kos van die kant van die vyand af, wat liewer ten gronde sal wil gaan as om die dwaling op te gee, en om nie hulle mag te verloor nie. Dit gaan ook nie meer om die suiwer waarheid nie, veeleer probeer hulle, as verteenwoordigers van My teenstander, om die lig te verduister, eerder as om dit te laat skyn.
Daarom sal hulle die slagoffers wees van die stryd wat uitgeveg moet word aan die einde van hierdie tyd. Want die vors van die duisternis sal My nog ten slotte die stryd aansê. Hy sal probeer om My te onttroon met leuens en laster, en daarom moet u teen hom optree. Ek wil spreek deur u tot hulle wat deur My teenstander oorheers word en Ek wil ook nog die weg aan hulle toon wat na die ewige lewe lei, wat egter alleen deur middel van die waarheid betree kan word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205