Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE MISSIE VAN HULLE WAT GOD WIL DIEN. DIE VERBREIDING VAN DIE WAARHEID
B.D.2831 - 30 Julie 1943
Dit is `n uitermate moeilike taak om die mense wat van God afvallig geraak het, weer op die korrekte weg te bring, op die weg van die insig, die weg wat na God lei. Dit is `n belangrike taak wat uiterste geduld en groot liefde en volharding verg en daarom stel mense hulle maar selde vir so `n taak beskikbaar.
Maar hierdie weiniges werk vir die ryk van God en sal ook geseënd wees, solank hulle hul wy aan hierdie werk. Die gebrek aan God geskoolde kragte, se uitwerking is dat die mense selde in die waarheid wandel, en dit het weer tot gevolg dat hulle hul lewe nie hoog genoeg waardeer om dit, in ooreenstemming daarmee, ten volle te benut vir hulle siel nie. Word hulle die suiwer waarheid aangebied, sodat hulle die sin en die doel van die mens op aarde kan begryp, dan sal hulle ook hul lewe dienooreenkomstig lei, net as hulle nie heeltemal anti-God ingestel is nie en hulle nie meen om sonder enige kennis voort te lewe nie.
Wie nie insien dat daar `n God is nie, sal ook geen leerstellings aanneem nie en moeilik op die korrekte weg gebring word. Wie egter God nie heeltemal wederstrewend is nie, kan deur die aangebode waarheid tot insig kom sodra dit aan hom in liefde en geduld oorgedra word. Die waarheid spreek vir die waarheid alleen, die waarheid het krag in haar en alles sou die mens maklik kan begryp en aanvaarbaar voorkom as hulle nie vooraf `n dwaling vertel was, wat hulle blik vertroebel en hulle wil verswak het nie. En tog moet die dwaling deur die waarheid weggedring word en dit is die belangrike taak van hulle op aarde, wat God wil dien, wat self vasstaan in die waarheid en daarom ook die insig het wat die gevolge is van `n lewe in dwaling.
Hulle moet vasberade werksaam wees in die deurgee van die waarheid, wat hulle self van God ontvang vir juis hierdie sending. Meestal sal hulle teen weerstand stuit, hulle sal meer afwysing as instemming ervaar en mag hulle tog nie daardeur laat ontmoedig nie. Die liefde vir die dwalende siele moet hulle steeds weer daartoe aanspoor om hulle oor hulle te bekommer en hulle in die waarheid te onderrig.
Want terselfdertyd met die arbeider op aarde is die geestelike arbeiders van die Heer ook aktief, hulle wat in die gedagtegang van die dwalende mense probeer tussenbeide kom en hulle ewe-eens inspan om die denke van die mens te verander. Alle steun op die aarde, deur gesprekke wat bewustelik geestelik is, word deur die onderwysende wesens in die hiernamaals dankbaar aangeneem, want dit is tog dikwels die aansporing om na te dink, wat hulle die moontlikheid gee om hulle invloed op die denke van die mense te laat geld. En daarom sal die bereidwilligheid van `n mens op aarde, wat wil bydra tot die verbreding van die waarheid uit God, steeds geseënd wees, as dit daarom gaan om aan diegene hulp te bring wat geen verbinding met God het nie, wat so ver van Hom af staan dat hulle nie in staat is om Hom te herken nie en wat daarom in die donkerste geestelike nag voortlewe.
Ook as die inspanning op aarde min sukses het, het dit dikwels in die hiernamaals `n uitwerking en kan dan die begin van `n veranderde siening wees, die begin van die weg omhoog. Die goddelike woord, die suiwer waarheid wat in liefde aan `n mens aangebied word, is `n gevoel wat as krag ervaar word, as daarteen nie openlik weerstand gebied word nie.
En hierdie krag het `n duursame effek, sodra die mens deur middel van sy gedagtes sy standpunt bepaal teenoor die waarheid, al is dit ook na `n lang tyd. Daarom kan daar nie ywerig genoeg gewerk word aan die uitbreiding van die goddelike leer nie, want die dwaling is groot onder die mensdom en gevolglik ook die geestelike nood waarvoor hulp noodsaaklik is.
En geen arbeider in die wingerd van die Heer moet hom laat ontmoedig deur afkeur, spot of onwilligheid van hulle aan wie hy die waarheid wil aanbied nie. Sy ywer sal nie sonder resultaat wees nie en die siele sal hom dank dat hy sy liefde oor hulle ontferm het. Die inspanning om dwalende siele die waarheid binne te lei, word van die kant van die ligwesens nie opgegee nie, al verset hierdie siele hulle ook telkens weer, omdat alles wat vol van lig is en vasstaan in die waarheid, steeds werksaam is tot die redding van dwalende siele.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205