Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

TEKORT AAN MAAIERS IN DIE TYD VAN DIE OES
B.D.4828 - 2 Februarie 1950
Ten tye van die oes sal daar baie arbeiders nodig wees, en daarom is elkeen wat My sy dienste aanbied, vir My welkom. En elkeen sal volgens sy bekwaamheid op die plek geplaas word waar hy kan werk en sy diens vervul na sy vermoë. Ek wys niemand af nie, omdat die werk voor die einde dringend is en Ek ook nie genoeg maaiers sal hê, as die tyd van die oes gekom het nie. Maar hulle wil en hulle trou moet hulle My skenk, hulle moet as deugdelike knegte vir hul Heer opkom en Sy aanwysings in ontvangs neem om altyd vanuit die vaste wil daarvolgens te handel en om sodoende troue dienste vir My te verrig.
Maar hulle moet nie net My Wil uitvoer nie, maar dié Wil ook tot hulle eie maak, dit wil sê hulle moet self daarvan oortuig wees dat slegs deur hul arbeid die medemens gehelp kan word. Dat hul geestelike arbeid dus nie net meganies of in My opdrag uitgevoer word nie, maar dit moet vir hulle self vreugde gee omdat hulle dan sal insien dat die werk alleenlik resultate vir die siel oplewer. Alles wat My knegte vir My en My ryk doen, moet vanuit die volste oortuiging wees, moet met ywerige toewyding en in liefde uitgevoer word, dan eers is hulle ware dienaars, hulle wat Ek vir My gekies het om vir My besig te wees.
Wie sy opdrag slegs gedwonge uitvoer, sal geen seën oes nie, hy sal nie die korrekte leier vir die blindes kan wees nie, omdat hy self nie siende is nie. Om My te dien beteken om in liefde vir die medemens werksaam te wees, om hulle geestelik en liggaamlik te help in hul nood. Want dit doen Ek vanuit My Liefde, dog My dienaars moet dit in My plek doen, hulle moet My verteenwoordig, - dus die Wil van hul Heer vervul as Hy Homself net kan uiter vanweë die mense, wat Myself nie sou kon verdra in hul nabyheid nie, vanweë die onryp toestand van hulle siele. En tot hulle moet Ek deur mensemonde spreek en daarvoor moet ywerige dienaars vir My hul monde leen, sodat Ek tot die eerstes kan spreek as hulle My woord nodig het.
Daar is baie arbeid in My wingerd, daar is nog baie onbewerkte akkers, dit is menseharte wat ontvanklik gemaak moet word vir die suiwer saad, vir die evangelie wat van My uitgaan en die mense na My toe moet terugbring. Wie dus My evangelie verbreed, wie aan sy medemens opheldering verskaf en hulle in staat stel om My woord aan te neem, wie hulle harte toeberei tot liefde en hulle dus vir Myself ontvanklik maak, hy is My kneg en verrig vir My die regte dienste. Hy sal reeds op aarde geseënd wees en eenmaal ook in die geestelike ryk, want hy help met die redding van baie siele van die ewige dood. Hy versprei lig en verlig so die weg na My, die weg na die ewige lewe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205