Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

ONGEWONE WERKSAAMHEID VAN PREDIKERS WAT DIE MENSE MOET OPWEK
B.D.5941 - 25 April 1954
Die geloof in Jesus Christus kan u, mense eers sover bring om bewustelik aan uself te werk, want eers as u in Hom glo, neem u ook Sy liefdesleer aan en doen u u beste om volgens hierdie leer te lewe. Wat daar dus gedoen word om die mense tot die geloof in Jesus Christus te bring, kry geheel en al My toestemming en is deur My geseënd. Jesus Christus moet verkondig word. Sy verlossingswerk moet openlik na vore gebring word, omdat die mense deur middel van Jesus Christus die weg vind tot hul God en Vader van die ewigheid.
Die einde is naby en die mensdom is ver verwyderd van Hom Wie Sy lewe gegee het aan die kruis vir almal se redding van ondergang. Wie hulle nie met Hom verbind nie, gaan verlore, dit wil sê: die vors van die duisternis behou sy mag oor hom en die hemelryk is vir hom gesluit, want Jesus is die Poort na die ewige saligheid. Die einde is naby en ontelbare mense ken Hom nog nie of hulle aanvaar Hom nie. Ek alleen weet wat dit beteken vir die enorme hoeveelheid siele wat sonder Hom voortlewe, sonder om in Hom te sterf en wat ten gronde gaan.
Op natuurlike wyse is dit nie meer moontlik om hulle tot Jesus Christus te bring nie. En dus sou Ek My skepsele moet laat verlore gaan as Ek dit by natuurlike gebeurtenisse sou laat wat glad geen indruk maak op die mense nie. Ek ken egter die weiniges wat Myne is en ook vir My en My Naam opkom in die wêreld; Ek weet dat Ekself herken word in Jesus Christus deur `n klein kringetjie mense, wat Ek nou gebruik as werktuig vir die Krag en Mag van die Een wat die mense nie wil sien nie.
Ek laat hulle die "woord van die Heer" predik, Ek laat hulle die leer van Jesus Christus verkondig en Ek sal hul woorde bekragtig deur ongewone dade, sodat mense hulle sal glo.
Dit vereis egter `n meer as sterk geloof van diegene wat vir My getuienis aflê en liefde tot My, wat ook nou aan hulle die krag gee om ook wonders te doen in My Naam. Dit is altyd Ekself wat hierdie wonders laat gebeur, ewenwel deur hierdie dienaars van My, omdat Ek wil hê dat die mense opnuut kennis moet neem van hul Heiland en Arts Jesus Christus. Dat hulle aan Sy Verlossingswerk, Sy Kruisdood en Sy Opstanding moet dink en leer om Hom te glo. Dit is `n werk van liefde en erbarming van My, dat Ek My nog eenmaal openbaar voor die einde, deur My gelowige dienaars op aarde.
Die mense moet in die laaste tyd nogeens gehelp word om die geloof in Jesus Christus te vind, omdat hulle dan ook die geloof In My gevind het, om dit nooit weer te verloor nie. Want ofskoon die geloof nou nog nie die korrekte vrugte sal afwerp, omdat dit eers deur `n lewe in liefde lewend kan word nie, het hulle voorlopige kennis oor Jesus Christus `n graad bereik wat daarom `n verdere opstyging toelaat, ook, as die siel voortydig opgeroep word en op aarde nog nie die volledige verlossing gevind het nie.
Die siel ken Hom en roep Hom aan in haar nood, en omdat hulle Myself in Jesus Christus aanroep, kan Ek haar ook help. Maar onvergelyklik waardevoller is dit wanneer die mens die geloof in My in Jesus Christus gevind het deur My woord, as hy Hom glo en geen wonders nodig het om oortuig te word van die waarheid van My woord nie: "Salig is hulle wat nie sien nie en tog glo!".
Ek help ook die ongelowige Thomas dat hy tot geloof kan kom. Net so help Ek in die hede die baie ongelowiges wat nie kwaadwillig is nie; en Ek bewys My aan hulle as God, sodra `n mens met vurige ywer opkom vir My en My leer, om nog die aantal gelowiges te vermeerder voor die einde kom. Om ook die mense te wen vir wie die Verlossingswerk nog sonder betekenis is, en wat daarom in groot gevaar is, dat die poorte na die ligryk, vir ewig vir hulle gesluit bly.
Ek het medelye met hul lot en Ek neem die wil en die liefde van diegene aan wat hul naaste wil help. En Ek seën hul voorneme deurdat Ek aan hulle die krag verleen om te genees en wonders te doen in My Naam.
Want Ek wil dat My Naam openlik genoem word en die barmhartigheid van My Verlossingswerk duidelik sigbaar word. Ek wil dat die mense die Naam van Jesus Christus uitspreek in volle vertroue, sodat Ek nou self met hulle in verbinding kan tree, om nou weer My woord werksaam te laat wees, sodat die mens tot insig kom hoe enorm belangrik dit is om Jesus Christus te erken as God se Seun en Verlosser van die wêreld, in Wie Ek Myself gemanifesteer het om vir u `n sigbare God te kan wees. Ek wil u, mense, red vir die ewigheid en daarom kom Ekself u tegemoet, nog in die laaste uur want spoedig is die einde `n feit.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205