Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DAAR IS NOG MAAR OP MIN MENSE WAAROP GREEP GEKRY KAN WORD
B.D.8902 - 27/29 Desember 1964
Wat u ookal sal wil onderneem, raadpleeg My, verlaat u op My in vaste vertroue, dat Ek My oor al u sorge bekommer. Want Ek ken u mees geheime gedagtes, maar tog wil Ek, in `n vertroulike gesprek, gevra word om My bystand.
Steeds moet Ek weer vir u die versekering gee dat Ekself die mense na u toe stuur aan wie u My woord moet bring. Dit is waarlik geen leë woorde wat Ek sommer uitspreek nie, veeleer sal u daaroor, hoe en op watter manier, self moet nadink. Dat Ek vir u deure geopen het, dat daar by My ook geen afstand bestaan nie, dat Ek elkeen kan bereik en dat hulle, wat hulle by die hand wil laat neem, My woord laat toekom.
En aangesien die aantal, die kring klein blyk te wees, weet u nie wat die uitwerking van My woord is nie en hoe dit krag gee aan die aangespreekte mense en ook aan die siele in die hiernamaals, wie se aantal onafsienbaar groot is, dus die reddingswerk in die ryk hierna, is nog baie groter as op die aarde. En u moet u daarom tevrede stel en ook weet dat Ek steeds nuwe siele sal bereik aan wie u My gawes van bo moet aanbied. Maar glo nie dat u groter resultate sal bereik indien u eie wil nie liefdevol aan die werk is nie, dat u met u hele hart en siel uself insit vir die verbreding van My woord.
Net soos die mense van die wêreld nou is, is hulle nie meer te wen nie, hulle sal steeds `n afkeurende houding aanneem en almal wat hulle inspan om die woord wat hulle ontvang, verder te verkondig, sal weerstand ervaar. Dus slegs nog `n werk wat in suiwer liefde verrig word, beloof sukses, want op so `n werk rus My seën. Sodra mense, met `n nie-gewekte gees, hulle aan dié werk wy, verloor My woord krag, want liefde moet dit uitdeel en liefde moet dit ontvang. Juis die onselfsugtigheid van die medewerkers gee u die waarborg dat Ekself met hulle is en dat Ek ook geen dwaling toelaat nie, omdat dit die werk van die teenstander is. Die teenstander kan egter nie daar wees waar geen selfsugtige gedagte is nie, en wat dus die binnesluip van hom onmoontlik maak.
(29 Desember) En so word die teenstander uitgeskakel, want die mens stry met die wapen van die liefde sodra hy homself onbaatsugtig vir sy naaste instel en teen liefde is hy magteloos. U kan dus maklik die oorhand kry as u steeds maar daaraan, wanneer u altyd met onbaatsugtige naasteliefde vervul is, dink, dat dit vir uself `n krag is, en u sal ook geen swakheid meer hoef te vrees nie, want alles wat u onderneem, is dan goed, dus vervul u dan My Wil en kan u slegs tot seën van u medemens werksaam wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205