Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

VERKLARING VIR DIE ONGEWONE KENNIS
B.D.7916 - 11 Junie 1961
Wye velde van kennis word aan u geopenbaar as u My woord van bo in ontvangs sal neem, want Ekself lei u na kennis wat u nie verstandelik kan verwerf nie.
U wat u medemens moet onderrig, moet self onderrig word in alles wat daar nodig is om te weet vir u, mense. U moet egter ook elke teenstand kan weerlê as dit daarom gaan om die enigste waarheid te verdedig, as verstandsmense die geestelike dinge probeer ontkrag. Dan moet u elke stelling kan verklaar. Daarom moet uself vooraf met `n diep geestelike kennis bekend gemaak het, wat slegs deur My direkte aanspreek kan geskied.
Maar om u regstreeks aan te spreek, kan Ek slegs doen wanneer u uself so gevorm het deur `n lewe volgens My wil, dat My Gees haar oor u kan uitstort. Eers dan sal u self ook dit begryp wat as diepste kennis tot u kom, om welke rede daardie selfde kennis, as dit van mens tot mens deurgegee word, ook slegs vir diegene begryplik is, en deur hom as waarheid ingesien word, wat `n lewe in liefde lei, en dus ook die gees in hulle tot ontwaking gebring het. Die geestelike kennis is omvangryk. Maar altyd kom dit in die maat tot u soos wat u dit nodig sal hê om eers self ryp te word en ook die belangrike opdrag te kan voltooi, wat u self in vrye wil op u geneem het.
En met die oog op die naderende einde het `n uitgebreider kennis nodig geword. My heilsplan van ewigheid, moet aan die mense voorgelê word, sodat hulle die belangrikheid van hul aardse lewe kan insien en alles doen om die lot van `n hernieude kluistering te ontsnap. En dié heilsplan omvat die ontwikkelingsgang van al die geskapenes: Die oorsprong, die teenswoordige toestand en die doel van almal wat uit die krag van My Liefde voortgekom het.
Die kennis is omvangryk en vir baie mense nuut. Want tot nou toe het die noodsaaklikheid om daaroor onderrig te word, nie bestaan nie. Maar die tyd van die einde vereis dat die mense nou in die kennis daaroor ingelig word, sodat hulle meer bewus kan word van hulle verantwoordelikheid teenoor die lewe. En hulle moet ook `n besef hê van die eindelose lang gang oor die aarde wat hulle al in hulle sielsubstansies afgelê het. Ook die kennis is vir hul vreemd en hulle neem dit daarom moeilik aan. Hulle word ook nie gedwing om dit te glo nie, maar in hul gedagtes kan hulle hul standpunt teenoor dit bepaal en daaruit voordeel trek.
Nooit kan `n mens egter, deur middel van sy verstand sulke kennis, betreffende My bestuur en werksaamhede, bekom nie, wat My Wese verklaar, wat vir alles `n motivering gee, ook vir die komende gebeurtenisse, vir die omvorming van die aarde, vir die ommekeer wat hom geestelik en aards voltrek. So `n kennis kan alleen van bo tot u kom, van Myself. Dit kan alleen, deur die werksaamheid van die Gees aan u gestuur word en dit moet daarom ook gesien word as `n heel besondere barmhartigheid, wat nog vir u in die laaste tyd gegee word.
En u, mense, moet dit ook begryp dat slegs My oorgrote Liefde My daartoe bring om u oor alles in te lig, om daardeur te bereik dat u vrywillig na My sal terugkeer, sodat u My Liefde besef en Haar beantwoord. U moet begryp waarom Ek steeds dringender van u die verbreiding van My woord verlang, waarom Ek dié ongewone kennis aan alle mense sal wil laat toekom.
Dié kennis is slegs dan na die aarde te bring, wanneer sekere voorwaardes aanwesig is. Waar dit egter moontlik is, daar moet die mense hulle opheldering verskaf. Daar moet hulle My regstreekse werksaamheid aanvaar en die barmhartigheidsgawe in ontvangs neem wat hulle in die laaste tyd voor die einde kan help om hul siel te vervolmaak. Want hulle ontvang dan waarlik kennis wat Ek hul Self ter oorweging gee, en wat ook elke verkeerde leer blootlê, wat in die duisternis van die gees aanvaarbaar blyk te wees, maar teenoor die helder lig van die waarheid nie meer kan standhou nie. Die ware kennis wat Ek u aanbied vanuit My Liefde gee u opheldering en duidelikheid. En dit het waarlik geen toevoeging deur die mensemond nodig nie, dit het geen verdere uitleg nodig wat die menseverstand daaraan wil toevoeg nie. My Woord van bo word in alle helderheid aan u gegee; dit is vir elkeen begryplik en gee u ook `n korrekte beeld van My en My Wese, van My bestuur en werksaamhede. My woord van bo voer u binne in alle waarheid net soos Ek dit belowe het, dit moet daarom versprei word, omdat alle mense kennis moet hê van die einde van die totale omvorming van die aarde, wat deur My heilsplan voorsien is en wat ook waarlik uitgevoer sal word, wanneer die tyd vervul is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205