Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

REKENSKAP AFLÊ. DIE VERBREIDING IS `N DRINGENDE NOODSAAK
B.D.8843 - 22 Augustus 1964
Ek kan altyd almal vermaan om standvastig te wees, as u ter verantwoording geroep word terwille van My leer. En u sal nog erg aangeval word, want niemand wil die suiwer waarheid hoor nie. Daarom vra van My nou, reeds baie krag vir uself, sodat u alle benouenisse die hoof kan bied. Weliswaar kan teenargumente u nie van stryk bring nie, want u is van die waarheid en oortuig van dit wat u ontvang. Maar u teenstanders is spitsvondig. Hulle probeer om u te laat wankel, en om teen hulle opgewasse te wees, is daar waarlik `n vaste geloof en `n sterk vertroue op My Krag voor nodig.
Berei uself daarom voor dat daar van u verantwoording geëis gaan word en spreek daarom vrymoedig wat Ek u in die mond lê, want u is daarom nie meer die een wat spreek nie, maar Ek spreek deur u. Want Ek sal ook dan nog enigiemand, wat die suiwer waarheid meer geval as die misvormde leerstellings, wat u aan die kaak moet stel, vir My wen.
Slegs My woord van bo is suiwer waarheid en dit kan u ook as sodanig verkondig sonder om te vrees dat u teen My Wil sal handel, as u ook aan u medemens duidelikheid gee daaroor wat Ekself van hulle eis om te glo. Die kennis daaroor sal Ek altyd weer die mense laat toekom. Maar sodra hulle hul nog verbind voel met `n geestesrigting, is die opvattings nog te diep in hulle gewortel en die aanneem van hierdie leringe wat in krasse teenstelling staan met hul opvattings, stuit op weerstand. Nou is, deur `n werktuig wat heeltemal vry is van eie menings, egter vir My die moontlikheid gegee om My Gees te laat binnestroom, en hy onderrig haar waarlik korrek. En ook is die dringende noodsaaklikheid van `n behandeling van My leer so duidelik, want die mense is lou en op geen enkele manier kom hulle My goddelike gebooie van die liefde na nie, - op enkele uitsonderings na, wat in ooreenstemming met hul graad van liefde beoordeel sal word. Dit sal egter nie volgens uiterlike wees nie, want dit is `n gruwel voor My Oë.
Dit is die tyd van die einde en dit alleen al sou u die belangrikheid van die stuur van die suiwer waarheid verstaanbaar moet maak, want niemand mag sê dat hulle nie oor die waarheid ingelig is nie. Ek sal almal, wat ontvanklik is vir die waarheid, wakker skud en tot nadenke bring. Of hulle egter bereid is om die waarheid aan te neem, dit bepaal hulle self, hulle sal egter verantwoording moet doen vir hulle wil. Daarom het Ek dus gewys op die tyd waarin My evangelie `n suiwering nodig het, waarvoor daar ook nou eenmaal `n opnamehouer (suiwer hart) nodig is, sodat hulle hul vir My, sonder om weerstand te bied, kan oopstel om `n magtige Lig te laat binnestroom, wat geen teenstand sal bied nie en My so die moontlikheid gee om Myself te verduidelik en My leer te verkondig soos Ek wil hê dat sy verstaan moet word.
As u, mense, maar net dit, dat Ek slegs die graad van liefde by verskeie uit die aardse lewe beoordeel, sou wou glo, dan sou u almal u slegs beywer het om beide gebiede te vervul, u sou daardeur alles ontvang wat Ek u belowe het toe Ek op aarde geleef het. U sou in oorvloed lig en krag en barmhartigheid ontvang, u sou geen aardse sorge hê nie, want u sou dan waarlik alleen vir u siel sorg en `n lewe lei wat aan My Wil beantwoord.
U sou Jesus Christus ken en erken as God se Seun en Verlosser van die wêreld. U sou Myself in Hom herken, want `n lewe in liefde, wat in u die gees tot lewe wek, verskaf al dié kennis aan u. U wat My wil dien, u moet standvastig bly en uit die ryke kennis u krag put, krag wat u altyd sal toestroom as u uself met My verbind deur werk van liefde en innige gebed.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205