Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

OPDRAG
B.D.8908 - 9 Januarie 1965
U het nog `n groot taak om te verrig voordat My ingryping plaasvind, waardeur u dan in heel ander omstandighede sal beland wat u werk vir My ryk sal bemoeilik. Maar eers moet die siele, van hulle wat hulle afwysend teenoor My woord opstel, nog bereik word. Hulle moet uitvind wat die mense te wagte staan, al twyfel hulle ook, - die groot gebeure sal hulle baie vinnig oortuig dat u die waarheid gespreek het. Maak dit daarom aan almal bekend, wys die mense op hierdie ingryping wat steeds nader kom en wat hulle almal sal tref, ofskoon die land wat daarmee gekonfronteer sal word, nog vir u verborge bly.
Ek druk dit vir u op die hart deur te wys op die geweldige natuurgebeure, wat tot alle mense sal spreek aan wie u My woord sal bring. En dit sal nodig wees dat hulle almal hulle daar in eensgesindheid mee besig moet hou, dat hulle hulleself ook aangespreek voel en na gelang hul ingesteldheid, troos en krag kan put tydens die komende tye van nood.
Oral waar My woord verkondig word, moet daaraan bekendheid gegee word, oral moet die mense te wete kom wat hulle te wagte staan, al is dit ook vir hulle moeilik om te glo. Hulle sal dit dan ook aan die einde spoedig volg, en dit glo, as die (voorspelde) gebeurtenis, wat van bo uit die kosmos kom, wat dus deur geen menslike wil veroorsaak is nie, werklikheid word. Want deur dié gebeure wil Ek nog eenmaal die mense aanspreek, Ek wil hulle uit hul doodslaap wek en hulle blik op My rig, op Hom Wie hulle deur innige gebed, kan bereik. Ek wil met `n luide Stem spreek, omdat hulle geen ag slaan op My sagte aanspreking nie. Maar Ek wil My ook oor diegene, wat dan nog die weg na My sal vind, ontferm.
En ofskoon hulle meteens `n slagoffer sal wees van die katastrofe, is hulle siele tog gered as hulle wel vroeër na My geroep het en My aanvaar het as die Mag aan Wie hulle onderworpe is, en voor Wie hulle hulleself moet neerbuig. Ek versoek u almal om melding te maak van hierdie woorde van My en om nie bang te wees dat u die mense onrustig sal maak nie, want dit is sinneloos as hulle met toe oë hulle ongeluk tegemoet gaan nie, dit wat hulle sal oorval en hulle geen verklaring daarvoor sal kan gee nie.
Wanneer u dit, wat Ek daarmee wil bereik, egter vroeër aan hulle vertel, wanneer u dit aan hulle as verseker aankondig, dan sal baie van hulle tog daardeur geraak voel, en selfs wanneer hulle dit nie glo nie, dit nie meer uit hul gedagtes sal wyk nie, dan weet hulle dat dit die gebeure is wat My Wil oor die mense stuur, en hulle sal weet dat My woord die waarheid is, en ook aan die einde glo. Alle pogings moet in werking gestel word om die mense tot geloof te bring. En ook dié geweldige natuurgebeure kan nog mense opwek om te glo, hulle wat nie meer aanspreekbaar is nie en wat Ek tog nog sou wou wen, selfs wanneer daar `n groot onheil aan verbind is.
Maar die gevaar van `n hernieude kluistering lê voor u en as Ek nog siele kan red, dan sal hulle My ewig dankbaar daarvoor wees, want die lot om opnuut gekluister te word is heelwat verskrikliker, want dit duur ewighede, terwyl die natuurgebeure in `n nag verby sal wees. Weliswaar sal `n ontsettende ellende dan begin, wat u egter tot in `n draaglike toestand vir uself sou kan verander, as u maar die geloof in My sou gehad het, want Ek is Heer oor lewe en dood. Ek kan u gee wat u nodig het soos Ek egter ook kan neem waarvan u nie vrywillig bereid is om afstand van te doen nie.
En daarom moet u nie versuim om u medemens in kennis te stel van dit wat daar gaan gebeur nie, want niemand mag sê dat hy niks daarvan geweet het nie.
Die mense glo glad nie dat hulle al so vlak voor die einde staan nie, anders sou hulle uit die Skrif kon uitmaak dat daar `n rampsalige gebeurtenis oor die mense gaan losbreek. Maar hulle glo nie dat die tyd, waarin vervul sal word wat daar geskryf staan, gekom het nie. Tog word die toekoms eendag teenswoordige tyd, eendag sal die aankondigings waar word en hierdie tyd staan vlak voor die deur. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205