Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

`N VERLOSSINGSPERIODE. `N GOEIE LANDMAN STROOI GOEIE SAAD UIT
B.D.8792 - 28 Maart 1964
Baie geestelike leringe word u aangebied en u word ryklik voorsien van saaigoed, en u moet steeds net die akkers bewerk, dit is die menseharte waaraan u My woord moet bring. Dit is die arbeid wat u moet verrig in My wingerd, waarvoor u as My knegte, aangebied het om My te dien. Slegs goeie saad kan goeie vrugte voortbring, en daarom voorsien Ek u van saaigoed wat deur geen ander geëwenaar word nie. Ek laat u die waarheid toekom van bo, en vir dit alles kan u nou ook opkom vir die wêreld, omdat daar niks is wat hierdie geestelike leringe sou kan oortref nie, want dit gaan van My uit.
Dink oor hierdie woorde na: Ekself spreek tot u en besorg u die kennis wat aan die waarheid beantwoord, wat geen ander as Ek u kan gee nie. En tog is die mensdom lou teenoor dié woord van My, hulle is blykbaar nie sigbaar onder die indruk van hulle ongewone herkoms nie, op weinig mense na wat die waarde insien en bomate gelukkig is om die barmhartigheid deelagtig te wees, om dié woord van My te mag ontvang. Hulle sal egter ook groot voordeel daaruit trek, hulle sal geestelike suksesse kan behaal omdat My woord die krag in hulle berg, wat die siel van die mens help wanneer sy omhoog gaan.
U het `n taak op aarde om te vervul: om weer die rypheid aan u siel te verskaf wat sy in die begin gehad het, toe sy as volmaakte wese van My uitgegaan het. En terwille van hierdie taak, lê u die weg oor die aarde as mens af. U kan dink en handel in vrye wil, u kan derhalwe u doel bereik om volmaak te word. U kan egter ook u denke, wil en handeling verkeerd rig en op My teenstander aanstuur, dan het u nie u lewensdoel op aarde bereik nie.
En omdat u duidelik die korrekte weg aangewys word, stuur Ek My woord na die aarde en spreek u direk of indirek aan, en dit staan u nou vry om My woord aan te neem en My Wil, wat in My woord tot uitdrukking kom, te vervul, of My woord af te wys. Dan bereik u egter nie u doel nie. Dan is u soos die braaklêende akkers wat geen vrugte kan dra nie, omdat die goeie saad by hulle ontbreek, omdat hulle slegs klippe, puin en onkruid besit, waar niks kan gedy as die akkers nie vooraf gereinig en ontgin en gereedgemaak word om goeie saaigoed op te neem nie.
Ek is `n goeie Landbouer. Ek begin oral ploeg en woel die bodem om. Ek reinig dit van al die onkruid, om dan My saad uit te strooi, om eendag `n goeie oes te kan inhaal. Word die onkruid egter nie vooraf verwyder nie, dan verwaarloos die goeie saad en word dit waardeloos, kan dit nie ontwikkel nie en die onkruid verdring dit. Ek wil daarmee sê dat die suiwer waarheid, wat u deur My woord van bo aangebied word, dit ook nie verdra nie, dat verkeerde leringe daarmee saamgaan, want dwaallere sal spoedig die Waarheid oorskadu, en wie hulle nie van die dwaling kan losmaak nie, wie dit nie eers uit sy hart verwyder nie, sal ook nie die suiwer waarheid as sodanig herken nie en Sy sal daarom ook geen indruk op sy siel maak en haar tot voltooiing bring nie.
U moet altyd dink aan die werk van `n landbouer en daaraan beantwoordend moet u ook handel. U moet u bevry van alle verkeerde denke, u moet u ontdoen van al die valse saad wat in u geplant word deur onkundige mense, wat hulle ook as arbeiders in die wingerd voordoen, wat egter nie vir hulle diens deur My aangestel is nie. U moet die goeie saad dankbaar aanneem, dit in u harte koester en dan laat rypword, en waarlik, daar sal goeie vrugte geoes word, want die saad wat u van Myself ontvang, is die suiwer waarheid en die waarheid voer u ook na die doel, na My Wie Self die Waarheid is.
Hy, wie aan My sy dienste aangebied het, sal ook deur My vertroud gemaak word met sy arbeid.
Ek sal hom daar plaas waar sy werk suksesvol sal wees, Ek sal aan hom die taak volgens sy geskiktheid toevertrou en hy sal dit daarom ook volgens My Wil uitvoer.
En laat dit altyd weer aan u gesê wees, dat dit u nooit sal ontbreek aan die korrekte leerstof nie, sodat u dit voortdurend van My in ontvangs kan neem, want omdat Ekself `n goeie oes wil inbring, sal Ek ook altyd baie geneë wees om aan u alles, wat `n goeie oes sal waarborg, te gee.
Maar u moet ook alle foute en gebreke uit u probeer verwyder, u moet u harte gereed maak om die barmhartigheidsgawes op te neem wat Ek ryklik uitdeel. En u moet weet dat slegs die suiwer waarheid u, mense, na die uiteindelike voltooiing kan lei, en dat hierdie waarheid slegs van My kan uitgaan. Ek het u egter lief en sal u ook altyd gee wat u nodig het om u siel tot volle ontwikkeling te bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205