Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

VOORWOORD
So spreek JaHWeH: "Kyk, Ek maak alles nuut...!"
Die meeste mense glo nie aan `n totale verandering van die aarde nie en ook nie aan die laaste oordeel nie, omdat hulle gees nog nie ontwaak het nie. En daarom verstaan hulle ook nie wat hierdie woorde van JaHWeH beteken nie.
Elkeen van Sy woorde het `n diep geestelike betekenis, wat ook Sy ontwaaktes nog nie volkome verstaan nie, omdat hierdie kennis nog te verhewe is vir die mense wat nog in die vlees op aarde lewe.
Tog is die bedoeling vir hulle duidelik, dat Hy hulle, wat hulleself "buite" Sy ordening van ewigheid begewe, wil vernuwe.
Hy vernuwe dus in die eerste plek die "woonplek van die gees" - Sy aarde, wat weer die geestelike opwaartse ontwikkeling van die mense moet bevorder. En Hy laat weer `n nuwe mensegeslag (menseras) ontstaan, uitgaande van deur Hom geseënde mense.
"Kyk, Ek maak alles nuut...!"
U, wat in Hom glo, dink aan hierdie woorde. Dra dit in u hart en weet dat die tyd gekom het, dat Sy woorde in vervulling gaan.
"`n Nuwe Hemel en `n nuwe aarde wil Ek skep...!" spreek JaHWeH, en Hy Self sal geestelik vertoef onder Syne en hulle lei en onderrig, netsoos Hy dit beloof het.
M.G.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205