Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

`N GEESTELIKE EN AARDSE OMMEKEER IS TE VERWAG
B.D. 6529 - 22 April 1956
`n Geestelike verandering is aan die kom, maar hierdie verandering vereis `n totale aardse omwenteling, want dit word nie meer self deur die mense nagestreef of teweeggebring nie. Dus moet Ek Self die aarde omvorm en moet Ek voor dit alle aardse skeppings oplos, waar dit andersins onmoontlik sou gewees het om ook weer geestelik op aarde `n toestand te skep, wat geheel in teenstelling is met die huidige toestand. Daar is geen verwagting dat die mense op hierdie aarde self `n hoër graad van rypheid sal verwerf nie, sodat die totaal geestelike dooie mense hulleself so sal verander, dat van `n geestelike ommekeer op hierdie aarde gepraat kan word.
Die mense van hierdie tyd stuur steeds meer af op die diepte, en daar is nog maar weinig wat opwaarts strewe. Die wat op `n hoë vlak staan en ook die eintlike, aardse lewensdoel erken het en dit probeer bereik, is merendeels in hulle toestand, nog so ver van alles af wat geestelik is, en sal op hierdie aarde ook nie naby daaraan kom nie. Dit kan egter op die lae geestelike peil ook nie so deurgaan nie, omdat dit `n duisternis, wat ernstige geestelike sowel as aardse gevolge teweegbring, kan beteken. Daarom het Ek `n grens gestel en `n verandering vasgestel sedert ewigheid, omdat Ek die lae geestelike vlak sedert ewigheid voorsien het.
Die lewe wat die mense nou op aarde lewe is doelloos en sonder betekenis. Want vir die siel kan daar geen seën daaruit voortvloei nie, omdat u die eintlike lewe in die geestelike ryk, waarvoor u mense die aardse bestaan gegee word, nie meer in aanmerking neem nie.
`n Totale verandering van die aardoppervlakte, `n omvorming van die gesamentlike aardse skepping en die hernieude nuut-beliggaming van alle geestelike substansies in die vorm, (aangepas vir die graad van ontwikkeling) het uiters noodsaaklik geword. Dan sal die geestelike toestand van die mense op die nuwe aarde ook edeler wees, omdat die nuwe mensegeslag (menseras) dan sal bestaan uit geestelik ontwikkelde mense wat die verre afstand na My oorwin het. Hulle wat nou so naby aan My sal kom, dat Ekself onder hulle sal kan vertoef op hierdie aarde.
En dan het `n groot geestelike verandering waarlik plaasgevind. Dan sal die aarde `n ander uiterlike hê, en in vrede en harmonie sal alle skepsels, mense en diere op hierdie aarde lewe. Dit sal in waarheid `n paradys op aarde wees, en `n nuwe tyd van geluk en saligheid sal begin. Maar ook sal die hernude kluistering beskore wees vir die geestelike, wat op aarde as mens na die diepte teruggesink het, en wat dus gefaal het in sy laaste aardse lewensbeproewing.
U staan almal voor hierdie geestelike omwenteling, en elkeen van u kan homself nog in hierdie kort tydjie voor die omwenteling verander. Elkeen van u kan die geestelike lae peil verhoog, en uself ontwikkel tot `n graad van rypheid, wat u tot `n medebewoner van die nuwe aarde kan maak. Daar staan voor elke mens nog talryke moontlikhede oop, omdat Ek vol liefde en barmhartigheid is, en elkeen, wat sy hande verlangend na My toe uitstrek, nog uit die diepte opwaarts sal help.
Maar binnekort is die moontlikheid verby, want binnekort sal die poort tot die ryk hierna, geslote wees wanneer die einde gekom het. Soos wat die omvorming van die aardoppervlakte plaasvind en die geestelike ommekeer self voltrek sal word, presies netso sal `n aardse verandering voltrek word deur die oplossing van die aardse skepping, deur die vrywording van al wat gekluister is en al die geestelike vrye. En dan sal die skeiding van die geeste ook voltrek wees en al die geestelike sal "geoordeel" wees, dit wil sê, ingelyf in `n vorm wat ooreenkomstig sy graad van rypheid is. Die geestelike omwenteling is ophande, en daarom is ook `n aardse verandering onvermydelik. Dan egter sal `n salige tyd beskore wees vir hulle wat Myne is en wil bly. Die wat die laaste stryd op hierdie aarde deurstaan het, en desnieteenstaande leed en ellende My trou gebly het tot aan die einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205