Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE VERLOSTE BEWONER AAN DIE EINDE VAN DIE NUWE AARDE
B.D.6227 - 4 April 1955
Wanneer die vernietiging van hierdie aarde deur My wil en My mag, dit wil sê, van alles wat leef, sal plaasvind, sal gesien kan word wie waarlik verlos genoem kan word. Want hulle alleen sal die einde oorleef en kan ingaan in My paradys op die nuwe aarde. Want om die laaste vernietigingswerk te oorleef, is `n volledige geloof aan My in Jesus nodig en volle oorgawe aan My, dus `n totale loswees van My teenstander. Maar daarvoor is die staat van vryheid nodig wat Jesus gekoop het vir die mense deur Sy dood aan die kruis. Slegs `n wese wat deur Sy bloed verlos is, kan die aarde bewoon waaroor Satan geen mag meer het nie; waar EKSELF onder die wat Myne is kan vertoef, omdat die toestand waarin hulle eertyds was, weer vir hulle herstel is.
Weliswaar kon mense voorheen al die verlossing deur Jesus ervaar, en hierdie mense sal Ek oproep van hierdie aarde voor die laaste einde gekom het.
Hulle sal ook salige bewoners wees van My ryk, waarin geen bose mag hulle meer sal skaad of verdruk nie, omdat hulle daarvan verlos sal wees. Maar die mense wat die nuwe aarde bewoon, sal lewe in dieselfde saligheid en in volle vryheid van mag en krag. Maar tog in `n aardse sfeer omdat hulle die grondslag moet vorm van die nuwe mensegeslag (menseras), en omdat hulle die volgende geslag moet help om tot volkome verlossing te kom. Want hulle sal so lank op die aarde moet lewe totdat alles heeltemal vergeestelik het.
As klaar verlostes, kan die eerste mense op die nuwe aarde in groot mate seënryk inwerk op hulle nakomelinge, en op al die omgewende geestelike, wat nog gekluister sal wees in die skepping van die nuwe aarde. En so kan die geestelike `n vinniger weg van ontwikkeling aflê. Want die tyd moet goed benut word, omdat My teenstander in boeie geslaan is. Hy het geen toegang tot die mense op die nuwe aarde nie, omdat die krag en die lig van die verlostes so sterk sal wees dat hy elke toenadering tot die mense belet sal word. En netsoos in die laaste tyd voor die einde sy werk en woede duidelik was en hy sy totale invloed aangewend het om die mense na die diepte te sleur, so sal die Goddelike invloed op die nuwe aarde oorheers. Alles sal opwaarts strewe en dit sal ook makliker gebeur, omdat geen teenstand dit kan verhinder nie, en omdat daar weer wesens uit die verloste mensegeslag (menseras) sal voortkom wat vol liefde is; in wie die Goddelike beginsel sal oorheers en wat binne `n kort tydjie volledig ryp sal word om My ligryk binne te kan gaan wanneer hulle aardse lewe beëindig word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205