Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE TEENSTANDER IN LIG GEWAAD. DIE PARADYS OP DIE NUWE AARDE
B.D.8235 - 27 Augustus 1962
Dit mag u nie verwonder dat My teenstander gedurende die eindtyd na elke moontlike middel sal gryp om sy mag te versterk nie, en om sy aanhang te verhinder om hom te ontvlug en My te volg nie. Want daar staan geskrywe dat hy ook groot wonders sal doen om die wat Myne is te verlei tot afval van My, om hulle vir homself terug te wen. En hy sal ook nie skroom om homself te kamoefleer as `n "lig engel" om self van die woorde van die Skrif te bedien nie.
Wie egter ernstig na die waarheid verlang, sal hy nie kan bedrieg nie, al tree hy op in My naam. Want sodra daardie inhoud My in Jesus en My werk van verlossing in alle erns bely, sal hy dit ontwyk en sy masker laat val. Want die verlossingswerk sal hy nie aanvaar nie, en sy strewe sal wees en bly om die mense van die geloof in die verlossingswerk af te bring. Hy het aan die einde groot mag en sal dit ook gebruik, en waar reeds duisternis van gees is, sal hy nie herken word nie. Waar My lig egter reeds helder kan skyn daar sal hy ook deursien word. En daarom hoef die wat Myne is, hom ook nie te vrees nie, want hulle sal sy spel vol liste en intriges deursien en sal teen hom weerstand bied. Want die hel het al haar bewoners uitgebraak en na die aarde gestuur, en deur hierdie demone word daar nog sterk op die mense ingewerk.
Maar tog kan en sal Ek My teenstander nie verhinder nie, want dit is sy laaste tyd. Want daarna word hy weer gekluister vir `n lang tyd en het geen invloed meer op al wat geestelik is nie en wat nou weer oor die aarde gaan in `n gekluisterde of in `n vrye toestand; in die skepping van die nuwe aarde of in die mens. Dit sal dus `n tyd wees van vrede, waarin al wat geestelik is hulself sneller kan ontwikkel, omdat die gekluisterde veel geleentheid gebied word om te dien. Die mense sal in die begin ook geen geestelike teenpool meer nodig hê nie, wat toegelaat is vir hulle wilsbeproewing. Hulle het hulle wilsbeproewing op die ou aarde deurstaan en klim nou stewig omhoog omdat hulle in voortdurende verbinding staan met My en die ligvolle geestelike, wat nou onder die mense kan vertoef om hulle te onderrig en te lei. En daarom woed Satan vir die tyd soveel hewiger, want hyself is `n verduisterde gees en weet nie dat sy aktiwiteite sonder effek is nie. Die mense wie hy vir homself win word opnuut gekluister, en vir `n lang tyd aan sy mag onttrek. En die andere het My `n bewys gegee van hulle liefde tot My, en van hulle sterk geloof. En hierdie kan Ek nou ook beloon met `n lewe in die paradys op die nuwe aarde, waar hulle as stam van die nuwe mensegeslag (menseras) weer hierdie aarde sal bewoon.
Eens moet die wetlike ordening weer op aarde herstel word, en hierdie tyd waarin geen verbetering van die mensegeslag (menseras) meer te verwag is nie, het nou gekom. Maar die opinies loop in hierdie eindtyd nog uiteen, en Ek sal daarom waarlik alles doen om te red wat nog nie geheel aan die teenstander verval het nie. En slegs `n goeie wil is nodig om tot erkentenis te kom of EKSELF, of My teenstander aan die werk is. Veral, wanneer daar dinge gaan gebeur wat ongewoon skyn te wees en `n "KRAG" vertoon sal word wat bo die natuurlike krag van `n mens sal uitgaan.
Maar as u vir My en die waarheid wil erken, dan sal u ook van misleiding behoed word. Is u sin en u strewe egter nog op die wêreld gerig, dan sal u ook deur die wêreld beïnvloed word en deur hom, wat Heer is van die wêreld en sy mag, ook wêrelds tot uitdrukking bring. Dan het hy u gewen om u weer te verloor, want die wesenlike word hom weer ontneem sodra die einde gekom het. Ek is waarlik Majesteit van Hemel en aarde. Aan My is onderworpe die ryk van die lig en van die duisternis, en Ek weet wanneer My teenstander sy bevoegdheid oorskry. En daarom stel Ek aan hom `n einde soos dit verkondig is in woord en geskrif, omdat die tyd dan gekom het waarin alles volgens die ewige ordening weer in die korrekte toestand gebring moet word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205