Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

GETUIES VAN DIE EINDE VIR DIE NAKOMELINGE OP DIE NUWE AARDE.
BD.5743 - 9 Augustus 1953
U sal My getuies wees op die nuwe aarde en u sal getuig van My en My majesteit, van My mag en My liefde, want u sal dit ervaar aan die einde van hierdie aarde. U sal My geestelik sien kom in die wolke in stralende glans en heerlikheid. En u sal My liefde ervaar as Ek u sal red uit groot nood, as Ek u sal wegneem voor die oë van u medemense, hulle wat u met egte duiwelse gesindheid om die lewe wil bring.
U sal die bewyse van My mag ondervind, want ook die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde sal self voor u oë afspeel. Sodoende sal u met `n belewenis wat in u herinnering bly, die ryk van vrede ingaan, om van My aan die nageslag te getuig. Aan die mense wat alleen deur oorlewering kennis verkry van die gebeurtenisse op die ou aarde, sodat ook hulle daarvan kan getuig en die kennis daaroor vir `n lang tyd bewaar kan bly. U moet getuig van My en van My heerlikheid.
`n Gelowige en My getrou, toegewyde geslag, sal die nuwe aarde bewoon, hulle wat nie twyfel aan My krag en mag en aan My liefde en volmaaktheid nie.
En solank Ek Self onder hulle kan vertoef omdat hulle liefde en geloof dit sal toelaat, solank sal daar ook geen versekering van wat u beleef het, nodig wees nie. Maar sodra nuwe geslagte uit hulle sal voortkom, moet die kennis ook weer aan hulle gegee word. En die einde van die ou aarde moet in die besonder aan hulle voorgehou word, sodat die lewende mense hulleself ook innig met My kan verbind en My "kinders" wees en bly. Die lewendige getuienis sal `n besondere invloed op hulle harte hê en hulle sal in die komende tye verkondig wat hulle deur u gegee was. En dan vir `n lang tyd sal die geloof en die liefde tot My behoue bly.
Vir`n lang tyd sal die mensegeslag (menseras) in vrede en eendrag lewe, en in harmonie met die oneindige en in voortdurende verbinding met My. My gees sal hulle harte kan binnestroom en hulle sal My woord kan hoor en salig wees. Maar tog sal hierdie toestand weer verander en die invloed van die teenkrag sal, ter herkenning, maar eers swak, dan steeds sterker word. Want die geestelike wat in die skepping gekluister is, sal weer tot beliggaming kom as mens, en sal dan weer so verskillend ryp wees, wat dan weer in die stadium as mens aangelê sal word en sal neig om te voorskyn te kom wat `n groot verandering vereis en altyd nog `n swak weerstand teen My sal verraai en dat daar daarom weer mense op aarde sal lewe wat besonder doeltreffende opvoedingsmiddele sal benodig. Daarom sal dit nodig wees om aan hulle die kennis te gee oor die uitwerking van `n lewenswandel wat nie volgens My wil is nie.
En dan sal die stryd tussen lig en duisternis weer ontbrand, want die verlange na die materiële sal weer sterker word in die harte van die mense, en My woord sal nie meer direk gehoor kan word nie. Daar sal, in My opdrag, weer verkondigers van My woord tot hulle spreek, en omdat dit lewendig sal geskied, moet ook getuig word van die einde van die ou en die begin van die nuwe aarde. Sodoende sal die mense wat die einde belewe en aan My trou sal bly tot die einde, ook op die nuwe aarde `n opdrag, naamlik om daarvoor te sorg dat hierdie kennis behoue bly. Sodat die nageslag self hierdie gebeurtenisse voor die gees kan roep en daardeur aangespoor kan word om in My wil te bly, My lewend in hulle hart toe te laat en hulle strewe altyd weer op My te rig.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205