Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

NUWE AARDE - ROMEINE 8:19-22
B.D.7520 - 11 Februarie 1960
Geen skeppingswerk op aarde sal die groot omwenteling ontsnap nie en alles sal daarin betrek word, beginnend by die harde materie, die plante en diereryk tot en met die mens. Alles sal getref word deur `n vernietigingswerk wat alles wat ooit op hierdie aarde voorgeval het, oortref. Want alles sal vernietig word, sodat daar waarlik daarna, wanneer die werk van die omvorming van die aarde voltooi is, van `n nuwe aarde gepraat sal kan word.
Al die gekluisterde geestelike raak eers vry van die vorm. Hulle sal egter nie die vryheid lank kan geniet nie want hulle word weer in die nuwe skepping gebind, ooreenkomstig die geestelike graad van rypheid in die bepaalde tyd. En daarom kan die nuwe skepping ook in `n baie kort tydjie ontstaan. Dit het geen lang ontwikkelingsweg nodig nie, omdat daar vir alle skeppings, ook uitgerypte geestelike substansies voorhande is wat daaraan beantwoord, en daar dus slegs `n ander vorm nodig is sodat die ontwikkeling kan voortgaan op die nuwe aarde. En hierdie skepping is so veelsydig, dat `n groter vooruitgang waarlik bereik sal kan word in `n korter tyd as op die ou aarde. Want die geestelike sal nie soveel weerstand ondervind soos wat dit in die laaste tyd die geval was nie, veral wanneer die hinderlike invloed van bose kragte oral te bemerk is.
Die werk van omvorming sal homself dus in `n kort tydjie voltrek, maar geen mens sal daarvan bewus wees nie. Want hulle wat weggeneem is, word na die nuut gevormde aarde gebring, maar kan self nie beoordeel hoe lank hulle van die aarde weg was nie, omdat elke tydsbegrip by hulle ontbreek. Maar niks sal in die ou vorm bly bestaan nie. Selfs die mense sal nie meer van hulle aardse kleed (liggaam) so veel las ondervind nie, want dit sal as`t ware reeds `n vergeestelike vorm wees wat hulle sal omhul, ofskoon dit nog aardse materiële substansie is. Ook sal hulle geen liggaamlike swakheid en ongemak ondervind nie en sal hulle die lewe op die nuwe aarde kan belewe in `n toestand wat waarlik paradys genoem kan word.
En hierdie toestand sal aanhou solank die mense innig aan God verbonde bly, solank hulle die direkte verbinding met die ligwêreld en haar bewoners het en in alles volgens God se wil sal lewe. Na verloop van tyd sal daar weer `n verandering intree, wanneer die vors van die duisternis weer mag verkry oor die mense. Maar voor dit sal daar nog `n lang tyd verloop, want die eerste geslag sal so volkome met God verbind wees, vir Wie hulle in Sy mag en glansrykheid mag leer ken, dat hulle aan Hom trou sal bly en hulle lewe in Sy liefde en barmhartigheid deurbring. En daarom sal die invloed van die mense uiters gunstig op alle skepsels wees. Die liefde van die mense sal die geestelike in al die skeppingswerk bespeur en dit kom daardeur vinniger tot `n verdere ontwikkeling; hoe meer liefde dit ondervind hoe vinniger word ook sy innerlike weerstand opgebou in `n omgewing wat met liefde vervul is. Dit is bereidwillig om diensbaar te wees en kan dikwels sekerlik snel `n vorm verlaat om die volgende hoëre een te kan betrek, sodat die weg van ontwikkeling aansienlik verkort sal word, gemeet aan die vorige tyd op die ou aarde.
En al die omvormingswerk, terwille van die nog in die vorm gekluisterde geestelike, sou die mense laat besef van God se liefde, want nie net die mens het die hulp van God nodig nie, maar elke skepsel smag na verlossing. Die mens het egter die moontlikheid om homself totaal vry te maak uit die vorm gedurende die aardse lewe. En as Hy weer faal is dit sy eie skuld, want dan het hy opnuut sy vrye wil misbruik en moet nou ook die gevolge op homself neem. Want nou val sal slegs dit hom ten deel wat hy altyd self gedurende die aardse lewe nagestreef het, naamlik die materie waarna sy begeerte slegs was en dit sal nou ook sy uiterlike vorm word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205