|
Boek 13 - Die nuwe aarde BERTHA DUDDE
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25. |
|
|
NUWE WONDERS IN DIE SKEPPING VAN DIE NUWE AARDE B.D.3264 - 22 September 1944 In elke afsonderlike ontwikkelingsperiode, word die geestelike wesenlik solank gebind gehou, totdat dit die rypheid bereik het wat nodig is vir die laaste beliggaming as mens. En so begin dit weer met die gebondenheid in die harde materie wanneer dit in die ontwikkelingsfase daarvoor as mens gefaal het, om nou weer die weg deur die steen-, plante- en dierewêreld te gaan, tot in die toestand van mens. Die geestelike, daarenteen, wat in die afgelope tydperk nog nie die laaste stadium bereik het nie, maar deur die vernietiging van die aarde deur God vry geword het, word gekluister in die uiterlike vorm ooreenstemmend met die graad van rypheid. Dit wil sê, die onderbroke weg van ontwikkeling word voortgesit in die nuwe ontwikkelingsperiode op die nuwe aarde. Daarom sal die nuwe aarde ook weer van baie verskillende skeppings voorsien wees, in werklikheid heeltemal nuwe skeppings, verskillend van die ou aarde se soorte. En so word self weer nuwe wonders in die skepping voltrek, wat vir die mense, wat die nuwe aarde as eerstelinge mag bewoon, ook as wonders van die gees kom, wat as bewys van God se heerlikheid en as bewys van Sy liefde, wysheid en Almag dien. Want wat op die nuwe aarde te sien sal wees, sal die mense hulle aan verwonder, en in bewondering sal hulle God loof en prys, Hom liefhê en Hom van harte dank. En die wesenlike sal nou voorwaarts gaan in Sy ontwikkeling. Maar, die wat in die harde materie gekluister is, sal sy boeie voel as groot kwelling en sal probeer om dit te verbreek. En na gelang van die sterkte van sy wil, sal dit slaag, of sy poging sal totaal vergeefs wees. Maar God hou rekening met die wil van die wesenlike, want die materie op die nuwe aarde is sekerlik vas en hard, sodat die wil van die wat daarin gebonde is, geestelike gebreek sal word, en die wesenlike ten slotte sy weerstand sal opgee. En daardeur word by die geringste verandering van wil die vorm meer soepel, dit wil sê, dat die vaste materie op die nuwe aarde buitengewoon hard, maar ook bros is. Hy kan daarom ook maklik uiteenspring of bars, sodra God se wil die bevryding uit hierdie gevangenskap voorsien het. Net so is ook die ander skepping van korte lewensduur; want daar moet `n vinnige verandering van alles wat geestelik is, plaasvind. Wat ook wel moontlik is, maar ook weer afhanklik is van die bereidwilligheid tot dien van die geestelike daarin. Dus sal die wesenlike die laaste omvorming as mens vinniger kan bereik as in die huidige ontwikkelingsperiode, wanneer sy wil nie heeltemal weerspannig is aan God nie. En daarom sal die eerste mense op die nuwe aarde wonder op wonder belewe. Dit sal `n diep indruk op hulle maak, sodat die liefde tot God in hulle steeds groter sal word, omdat hulle deur hierdie liefde hulleself steeds inniger met Hom sal verbind en in Sy barmhartigheid sal lewe. Maar vir hulle sal die wonders ook verstaanbaar wees. Hulle sal weet dat dit tekens is van God Se oorgrote liefde, Wie die geestelike wil wen vir HOMSELF, en hulle elke moontlikheid bied om hulle wil te verander. En vir `n lang tyd sal dit so bly, totdat alles, wat van die begin af nog gebind was in die plante en dierewêreld, die stadium van beliggaming as mens bereik het. Daarna sal die kennis van die wonderlike in die Goddelike skepping al hoe meer by die mense verdwyn. Die hunkering na die materie sal weer die oorhand kry, en daardeur sal die invloed van Satan weer sterker word deur die eie begeerte na die onrype geestelike wat in homself geberg word. En dan sal die verbinding met God weer afneem. Die stryd tussen lig en duisternis, wat in die begin kon rus, sal weer sterker word, omdat alles wat in vrye wil die aarde bewoon, met "lig" deurstroom was. Want die ontwikkelingsweg van die wesenlike bly in elke periode dieselfde. Die geestelike moet homself solank in die vaste vorm ophou, totdat dit gewillig is om deur die skeppingswerk heen, die weg van dien te gaan, wat `n minder sterk kluistering inhou. En dan moet dit hierin dien totdat dit `n bepaalde rypheid verkry het. `n Toestand waarin dit in vrye wil moet dien, maar nie gedwing word, soos dit in die voorstadia die geval was nie. Dan mag dit nie val nie, anders is die hele vorige weg vrugteloos afgelê. Want die vrye wil van die mens beslis of dit sy laaste beliggaming op aarde is, of dat hy weer deur die gesamentlike skepping moet heengaan. Want in die laaste stadium sal hy homself na die lig draai of laat homself deur duistere kragte gevange neem, sodat hy weer in die harde materie gekluister moet word vir eeue lange tye. AMEN
|
|
|
|
|