Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

OOR DIE LAASTE OORDEEL EN DIE NUWE AARDE
B.D.7425 - 1O Oktober 1959
U kan uself nie voorstel op watter wyse die laaste oordeel sal plaasvind nie, maar laat dit vir u genoeg wees om te weet, dat dit sekerlik `n werk van korte duur sal wees; en dat alles aan hierdie vernietigingskrag ten offer sal val, en u geen tyd meer sal hê om u gedagtes en strewes te verander nie. Alles sal in so `n haas gebeur, dat u geen tyd meer sal hê om na te dink nie. U sal in die kortste moontlike tyd gevonnis word, dit wil sê, ten lewe of ten dode kom in `n sekerlike kort tyd. Almal wat aan My trou sal bly tot die einde toe, sal weggeneem word. Wie nie getrou was nie, sal verslind word deur die aarde, wat `n hernude kluistering in die harde materie vir die siel beteken.
Slegs die mense waarin daar nog `n klein vonkie van geloof in God is, sal in die laaste oomblik die krag hê om My aan te roep, en nog gered word en van die hernude kluistering gespaar bly. Ofskoon hulle nie tot die skare behoort wat weggevoer sal word nie, sal `n ligter lot tog hulle deel wees, omdat hulle `n nuwe beliggaming as mens toegestaan sal word waarin hulle hulself dan moet en kan bewys. Want die tyd op die nuwe aarde sal vry wees van versoekinge deur My teenstander, wat vir `n lang tyd gebonde sal wees, netsoos wat dit geskrywe staan
En dit is `n ongewone daad van barmhartigheid, maar waarop tog selde aanspraak gemaak sal word. Want die mensdom sal aan die einde van die dae heeltemal onderwerp wees aan My teenstander. Selde sal `n mens homself nog van sy kettings in die aangesig van die laaste oordeel losmaak, wat vreeslik sal wees. Want alle mense sal teenoor `n ontsettende liggaamlike dood te staan kom, maar voordat hulle baie sal kan nadink sal dit reeds geskied het. En die wat Myne is, sal getuies wees van hierdie gebeurtenisse, omdat dit My wil is dat hulle My mag en heerlikheid, maar ook My regverdigheid en toorn, teen die sondaars leer ken, sodat hulle daarvan sal getuig solank hulle lewe, want hulle sal die stam vorm van die geslag op die nuwe aarde.
Die gebeurtenis van die wegneming is ook heeltemal nie voor te stel nie, omdat dit op `n wyse, buite die wet, gebeur, en so iets is ook nog nooit op aarde meegemaak nie, naamlik dat mense opgeneem word en in lewende lywe weggevoer word nie. Ek verplaas hulle dan ongedeerd in `n paradysagtige landskap, waarvandaan hulle dan weer na die nuwe aarde gebring sal word, sodra dit volgens My wil gevorm is.
Ek sal geen lang tyd daarvoor nodig hê nie, want al die geestelike wag met ongeduld op die inlywing in die nuwe skepping, behorende by hulle graad van rypheid, om hulle ontwikkelingsweg voort te sit. Die aksie van die skep van die nuwe aarde sal nie deur die menslike oog gesien word nie, en daardeur is dit ook nie nodig om vanweë die mense `n bepaalde tydsduur in ag te neem nie. En aan die mense wat weggevoer sal wees, ontbreek dit aan elkeen se tydsbewussyn, sodat hulle nie in staat sal wees om te beoordeel in welke tydruimte die nuwe aarde ontstaan het nie.
Maar My mag is onbegrens en sal homself openbaar by die skep van die nuwe aarde. Hulle sal nuwe skeppings te siene kry waarvan u mense uself geen voorstelling kan maak nie, wat egter diegene onmeetlik salig sal maak wat op hierdie aarde sal lewe. Dit sal waarlik `n paradys op aarde wees, want die wat Myne is, was My trou in die geloofstryd en sal ook hulle loon daarvoor ontvang.
Alle mense sou hierdie geluk kon ervaar, as hulle die kort tyd tot by die einde goed sal benut. Maar hulle glo nie en doen niks om die rypheid van hulle siele te vergroot nie, en daarom sal elkeen die loon ontvang wat hy verdien. `n Geluksalige lewe in die paradys op die nuwe aarde, of die hernude kluistering in die skepping van die nuwe aarde. Om na `n eindelose lang tyd weer as mens oor die aarde te mag gaan met as doel, die laaste beproewing van die wil.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205