Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE OMVORMING VAN DIE AARDE
B.D.7297 - 2 Maart 1959
Die aarde sal as hemelliggaam bly bestaan, want Ek is nie van plan om haar totaal te vernietig nie. Maar alles wat op aarde leef, net soos alle natuurskeppings, sal vergaan sodat `n totale reiniging van die aarde kan plaasvind, wat in haar huidige toestand nie meer tot diens is vir die opwaartse ontwikkeling van die geestelike nie. Al die geskapenes in, op en bo die aarde sal die lewe verloor. Hulle sal bevry word van die omhullende uiterlike vorm, wat sal oplos volgens My wil. En ooreenkomstig die geestelike rypheid, sal dit dan op die nuwe aarde weer in `n nuwe uiterlike vorm kom en kan dan weer die weg van ontwikkeling verder aflê, wat in hierdie huidige tyd in gevaar is vir alles wat daar bestaan, want My teenstander wedywer op elke moontlike manier, en hy probeer om elke ontwikkeling te verhinder of te onderbreek. Die aarde, egter, sal nog deur eindelose tye heen haar opdrag vervul, want op haar moet die nog onrype wesens hulleself ontwikkel tot "kinders van God".
Daarom sal die aarde as nuut te voorskyn kom nadat `n ingrypende omvorming plaasgevind het. Nadat al die geestelike na behore gevonnis is, dit wil sê, wat in hulle gegewe uiterlike vorm ingelyf is. En wel van die vaste materie tot en met die mens, vir wie daar ook weer makliker ontwikkelingsmoontlikhede gebied moet word, om die doel, naamlik om ware kinders van God te word, te kan bereik.
Hierdie vernietiging aan die einde is dieselfde as die vernietigende einde van die ou aarde - ofskoon die hemelliggaam as sodanig sal bly bestaan, maar omdat daar wel `n totale omvorming van haar uiterlike vorm sal plaasvind. En daarom kan en moet ook met reg op `n einde gewys word wat nie net `n einde is van alle beskawing nie, maar `n einde beteken van alles wat bestaan, dus van elke skeppingswerk op hierdie aarde.
En daar begin weer `n nuwe tydperk, want die hele aardoppervlakte sal Ek weer opnuut laat herlewe met wonderbaarlike skeppings en waaraan die menslike oog homself weer kan verlustig.
Want Ek sal aan al die nuwe skeppings die wonderlikste vorm gee en die mees grote verskeidenheid van lewende wesens sal Ek die mense, wat hierdie nuwe aarde weer bewoon, as geselskap gee, en dit sal Ek hulle Self gee in liefde, wysheid en mag. Want Ek vorm vir My die stam van `n nuwe mensegeslag (menseras) uit hulle wat Ek vir `n tyd van die ou aarde kon wegneem, wat My trou gebly het en wat Ek daarom uitgekies het vir die nuwe generasie, waaruit mense kan voortkom wat volgens My wil wil lewe en by wie Ek Self kan vertoef kragtens hulle geloof en hulle liefde.
Dit sal `n paradysagtige bestaan wees, want alle nuwe skeppings sal die mense in `n ongekende mate met vreugde vervul. Die mense sal waarlik `n paradys bewoon, `n aarde, wat nie meer met die ou aarde vergelyk kan word nie. Want sy sal slegs nog deur geestelik ryp mense bewoon word, hulle wat `n graad van saligheid, wat tevore nie op aarde geken was nie, kan ontvang. Want die rede dat `n reiniging van die ou aarde moes plaasvind, was dat die mense aan Satan behoort het.
Hierdie tyd lê voor u, en elkeen kan sy wese en sy geaardheid nog so verander dat hy die grote geluk van die wegneming ten deel sou kan val. Maar die vaste geloof daaraan kan `n mens selde ophaal, want min mense is met soveel liefde vervul dat hulle tot die klein kudde behoort wat Ek plotseling en onverwags sal oproep. Maar eers sal nog `n tyd van nood oor die aarde uitbreek, wat vir u `n definitiewe teken sal wees dat die dag nie meer ver is nie.
Wanneer u die aktiwiteit van My teenstander baie duidelik sal kan waarneem en u self aan die bose dade van sy gekluisterdes blootgestel sal wees, wanneer die nood groot word en daar geen uitweg meer moontlik lyk nie, dan is die einde ook naby. Dan sal Ek deur My mag al die boosheid op aarde vernietig en die wat Myne is van sekere ondergang red.
En die wat deur My weggeneem word, sal die ondergang van die ou aarde belewe, al kan hulle self nie meer daardeur geraak word nie. Maar eers sal hulle getuig van die strafgerig van `n regverdige God. Hulle sal die daad van vernietiging kan aanskou en Hom nogtans loof en prys Wie hulle voor die oordeel gered het.
En weer sal Ek `n skeppingsdaad verrig, want Ek sal weer `n nuwe aarde laat ontstaan. `n Woonplek vir My klein kudde, vir My uitverkorenes. Hulle kan nou in vrede en vryheid, in vreugde en saligheid en in lig en krag in die paradys, waar geen leed en pyn meer is nie, `n totaal nuwe lewe ly. Want die veroorsaker van al die kwaad is gekluister en sal vir lank nie die mense meer kwel nie.
`n Aardse periode sal dan ten einde loop en dan begin daar `n nuwe periode, wat die tallose geestelike, wat nog gekluister is, omhoog sal lei om die uiteindelike doel, naamlik die vereniging met My as My kind, te bereik. En u staan as mens voor hierdie gebeure, want die tyd wat vir u gestel was om vry te raak uit die vorm, is vervul.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205