Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE DEURGEE VAN DIE GODDELIKE WOORD AAN DIE NAGESLAG OP DIE NUWE AARDE
B.D.4054 - l & 2 Junie 1947
Dit sal maar `n klein skare/groepie wees wat My koms verwag, voordat die laaste oordeel sal kom. Slegs weinig mense sal daar wees wat Ek tot die van Myne kan tel; wat in geloof sterk sal bly en My sal bely voor die wêreld en daarom vervolg sal word, sodat hulle selfs vir hulle lewe moes vrees, as hulle oog nie geestelik gerig en hulle denke nie geestelik gesind was nie. Maar hierdie klein gemeente sal weet van die einde en verwag My met `n diep geloof. En daarom verdra hulle ook die tyd van nood in standvastigheid en erken Jesus voor die wêreld as Seun van God. Daarom neem Ek hulle weg en gee hulle `n paradysagtige woonplek, totdat hulle die nuut gevormde aarde weer sal mag betree.
Hierdie klein kudde het die opdrag om My woord te verkondig aan hulle nakomelinge, sodat dit weer onvervals aangebied word soos wat Ek dit vir die mense gegee het en so, as fundamentele leer van die Christendom, ook op die nuwe aarde moet bly.
Want Ek sorg ook verder vir die wat Myne is, en tot Myne behoort alleen die wat hulleself by My wil voeg. Hulle probeer na My toe te kom en wat daarom ook liefdadig is, want die verlange na My is reeds die uitdrukking van hulle liefde wat hulleself uitgee in die liefde tot die naaste. Hulle vervul op die manier My gebod en aan hierdie bring Ek ook My woord, direk of indirek. En My woord bevat die leer wat Jesus op aarde gepredik het omdat Hy met My liefdesgees deurdring was. Want die mens Jesus het die vereniging met My reeds op aarde gevind. En sodat ook die mense op die nuwe aarde tot hierdie vereniging met My kom, moet hulle oor die leer van CHRISTUS onderrig word.
Sodoende moet die reine waarheid, wat nou uit die Hemel vir die mense aangebied word as My woord deurgegee word op die nuwe aarde, waar sy in haar totale diepte en wysheid erken sal word as `n boodskap uit die Hoogte en as `n direkte onderrigting van God. Daarom sal dit vir `n lang tyd die fundamentele leer bly, totdat die mense weer materialisties word en weer sal dink dat hulle My woord moet verbeter en verander. En dit sal dan weer die oorsaak wees dat hulle hulle insig sal kwytraak en hulle geestelike kennis verduister sal word. Maar dit sal My weer laat besluit om My woord tot die aarde te bring.
Maar tot aan die tyd sal My woord onvervals bly en verspreiding vind, en elke woord sal as My gawe erken word. Die mense sal My liefhê en My dien, en hulle sal mekaar liefde skenk en gelukkig wees op aarde. Want hulle sal dan in voortdurende verbinding met My lewe en ontvang daardeur lig en krag. En My nabyheid sal hulle so laat voel dat hulle sterk en wys sal word, soos wat Ek dit beloof het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205