Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

PARADYSAGTIGE TOESTAND OP DIE NUWE AARDE
B.D.8352 – 10 Desember 1962
Ek wil die aarde weer tot `n plek van vrede maak waar die liefde alleen sal regeer; waar geen vyandskap sal bestaan nie en al die geskapene met mekaar in harmonie en geluksaligheid sal leef. Waar die uitstraling van die liefde, die mense wat nog geestelik gebonde is, weldadigheid betoon, en waar elkeen moeite doen om sy medemens geestelik en liggaamlik by te staan. Waar Ekself as Die EWIGE LIEFDE onder die mense kan vertoef, omdat niks negatief My teenwoordigheid sal verhinder nie. Ek wil dat die aarde weer dien om die mensegeslag (menseras) tot die hoogste rypheid te bring, sodat baie mense hierdie aarde as volmaak kan verlaat, omdat hulle innig met My verbind is, sodat die uitwerking van die eertydse oersonde, die mense nie meer beswaar nie. Want hulle is almal reeds verlos deur Jesus en kan daarom ook op die nuwe aarde geplaas word. En hierdie wegneming van die ou aarde vir die dag van die oordeel, is ook die bewys van hulle samehorigheid met My. Dit is `n bewys dat hulle die verbinding met My op die ou aarde gevind het, en dat hulle vry is van alle ondeugde en begeertes; sodat Ek hulle daarom ook op die nuwe aarde kan plaas.
En weer sal daar `n verlossingsperiode begin wat aanvanklik baie mensesiele tot rypwording sal bring, omdat My teenstander gekluister is. Hy kan hierdie siele nie meer lastig val nie, omdat hulle alle weerstand vrywilliglik opgegee het, dus reeds Myne geword het en alleen ter wille van die navolgende geslagte, nog op aarde lewe. Want hulle moet getuig van My mag en heerlikheid. Hulle moet uit eie ervaring kan praat oor die toestand op die ou aarde, en ook aan hulle nakomelinge, die liefde tot My predik. En ook hulle kinders en kindskinders sal vervul wees met liefde, en hulle siele sal nie meer ver van hulle oertoestand wees nie. Want in reine onselfsugtige liefde sal hulle verwek wees, omdat My teenstander geen invloed het op die mense wat die nuwe aarde bewoon nie.
Die liefde is egter `n krag wat waarlik die rypwording van die siele kan bespoedig. Dit mag ook die geestelike, wat nog gebonde is, help met die verlaat van die vorm, en ook dit sal hulle weerstand verswak en hulself opwaarts volgens My wil ontwikkel. Hierdie toestand sal `n lang tyd duur, en in die tyd sal baie van die eens gevalle geestelike as voltooides na My toe terugkeer. En in die tyd sal Ek baie "kinders" wen en hulle, asook My saligheid, sal dan geen grense ken nie. Want Ek weet dat al die gevallenes na My toe sal terugkeer en dat My heilsplan van ewigheid nie sonder sukses sal wees nie.
Maar tog sal ook hierdie toestand op die nuwe aarde weer verander, want steeds meer en meer siele wat deur die aardse skepping gegaan het, sal hulself weer beliggaam. Die lus na die materie sal weer te voorskyn kom, eers sporadies en dan meer dikwels. Die verlange van die mense na materiële goedere sal ook weer die kettings van My teenstander ontbind, want die vrye wil van die mense stel die norm en kan nou ook deur My teenstander beïnvloed word, omdat die mense hulself nie meer teen hom verweer nie. Maar steeds weer sal My liefde ook die geestelike te hulp kom, en daar sal weer geworstel word vir hierdie siele. Maar die wil van die mense self sal beslissend wees welke Heer die oorwinning sal behaal.
Want ook aan hierdie nuwe generasies, sal die kennis van Jesus, die Goddelike Verlosser gebring word. Daardeur sal hulle nie magteloos aan My teenstander oorgelewer word nie, en sal ook vinniger hulle weerstand opgee, want hulle geloof in My as God en Skepper sal nog sterk genoeg wees, en dus het My invloed, deur middel van die "stem van die gewete", nog effek.
Maar dit sal nie meer die paradysagtige lewe wees soos in die begin nie. Daar sal innerlike gevegte vir die mense aan die kom wees en die versoekinge van My teenstander sal nie wegbly nie. Die stryd om die bestaan sal moeiliker word, maar maklik te verdra wees vir hulle wat aan My trou sal bly en die liefde in hulleself tot ontplooiing bring.
En ook dan sal My ligbodes die mense bystaan. - Gedeeltelik tussen hulle as mense beliggaam, deels ook deur die mense geestelik te beïnvloed, hulle wat hulleself aan hom oorgee en steeds voortdurend met My in verbinding bly. En solank die liefde nog regeer, sal die mense ook vooruitgaan in hulle ontwikkeling. Solank die liefde regeer is My invloed ook sterk op die mense en is daar geen terugval in die diepte te vrese nie, want My teenstander veg vergeefs teen die liefde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205