Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

KYK, EK MAAK ALLE DINGE NUUT!
B.D.5235 - 10 Oktober 1951
Kyk. Ek maak alles nuut! U mense wat nog geen insig het nie en nog nie die gees in u opgewek het nie, u weet nie wat hierdie woorde van My beteken nie. U glo nie aan `n omvorming van hierdie aarde en aan die laaste oordeel nie, aan die einde van `n ontwikkelingsperiode en die begin van `n nuwe nie. U weet nie van My ewige heilsplan nie en begryp daarom ook nie My woorde nie: "Kyk. Ek maak alles nuut!".
Elkeen van My woorde het `n veelvoudige betekenis wat My opgewektes ook nie ken nie, omdat hierdie kennis nog te verhewe is vir die mense op hierdie aarde. Maar vir hulle is die eenvoudige betekenis duidelik, dat Ek wil hom, wat homself buite My ordening van ewigheid begewe het, vernuwe. Ek wil `n verandering teweegbring omdat die mense My wette nie meer nastreef nie en daarmee hulle aardse lewensdoel verloën. Hulle het gefaal en hulle lewe nie benut vir die ewigheid nie. Maar Ek wil hulle nie verlore laat gaan nie en sal aan hulle die geleentheid gee om die versuimde ontwikkelingsweg nogeens af te lê. Maar nie as `n herhaling nie, maar op `n totaal nuwe wyse. Want om nog `n keer die weg van ontwikkeling te mag gaan, is `n besondere barmhartigheidsgawe, wat verwerf moet word deur `n verhoogde prestasie, waartoe `n totale nuwe skepping die moontlikheid gee.
Ek vernuwe dus ten eerste weer die leerskool van die gees, My aarde, wat weer die opwaartse ontwikkeling tot mens moet bevorder. Ek sal die nuwe aarde voorsien van `n totaal nuwe skepping van so `n menigvuldige aard en vorm, waaruit talryke geestelike nuwe moontlikhede geskape sal word om hulleself daarin waar te maak. En Ek laat `n nuwe mensegeslag (menseras) ontstaan, uitgaande van mense wat deur My geseën is, wat hulle geestelike ontwikkeling tot My in liefde en trou voltooi het. Wat `n toestand van rypheid bereik het waardeur `n hoë geestelike versorging moontlik is, sodat ook die nuwe mensegeslag (menseras) alle waarborg het tot `n so hoog as moontlike volmaaktheid. Maar ook die gekluisterde geestelike kan vinnig tot rypheid kom deur die buitengewone invloed wat die mense op die hele omringende skepping uitoefen. Ek maak alles nuut. Ek vergemaklik ook die voorwaardes tot die vrywording van die geestelike, maar wyk daardeur nog nie van My wet af nie, deur uit grote erbarming en diepe liefde My te ontferm oor die geestelike wat nog in gebondenheid leef.
Alle kwellinge sal van die mense wegval en vol krag sal hulle omhoog strewe, omdat Ek alleen vir hulle die begeringswaardigste sal wees, en hulle nie in die diepte getrek kan word deur My teenstander, wat gekluister is vir `n lang tyd nie.
Ek skep `n nuwe Hemel en `n nuwe aarde, dit wil sê, geestelik en liggaamlik maak Ek die mense, wat nou aan My behoort, gelukkig, en wat ook vir ander, wat na hulle kom, die weg tot My gelykmaak. Wie van u mense kan dit vat en wie van u mense glo vas en ongetwyfeld dat die oue sal ophou om ter bestaan? Dat ook die mense wat van My verwyder is, nie meer daar sal wees nie. Dat maar slegs `n klein kudde, wat My getrou as hulle "HERDER" volg, hulle lewe nie sal verloor nie, omdat Ek die klein kudde geseën het en bestem het om voort te lewe in die paradys op die nuwe aarde. Dat `n nuwe verlossingstydperk sal begin volgens die heilsplan van ewigheid, deur My liefde en wysheid vasgelê om aan die geestelike `n ewige lewe te verseker.
Kyk, Ek maak alles nuut! - U, wat in My glo, dink aan hierdie woorde. Oorweeg dit in u hart en weet dat die tyd gekom het dat dit, My woord, in vervulling sal gaan. Glo vas daaraan en verwag en dra al die probleme wat u nog beskore is tot die einde, met geduld en toewyding aan My wil. Want die dag kom spoedig dat Ek die wat Myne is, sal kom haal om hulle die paradys te onthul waarvan geskrywe staan: "`n Nuwe hemel en `n nuwe aarde wil Ek skep en Ek Self wil te midde van die wat Myne is, vertoef, en hulle lei en onderrig soos wat Ek dit beloof het."
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205