Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE ONDERGANG VAN DIE OU AARDE. LIGGAAMLIKE BELEWENIS - WAARSKUWING:
B.D. 4116 - 2 September 1947
Ek het aan u verkondig dat u die ondergang van die ou aarde nog liggaamlik sal belewe, en Ek herhaal dit sodat u sal glo. U geloof is swak, en u verset uself innerlik daarteen dat u in die laaste van die dae leef. Maar My Gees spreek aanhoudend tot u en verkondig dat die tydstip van die einde nader. Waarom wil u dit nie glo nie, terwyl u andersyds die waarheid van My boodskappe nie kan versteek nie?
En waarom hoop en reken u op `n vooruitgang, op `n verbetering van aardse verhoudinge? Waarom lyk die gedagte aan `n einde, verbonde met `n totale vernietiging van die ou aarde vir u ongeloofwaardig en onaanvaarbaar? - Omdat u self nog graag wil lewe en nie voorbereid is nie, omdat u uself so weinig in My woord verdiep, dat vir u in alle helderheid die noodsaaklike uiteensetting van `n totale omvorming van die ou aarde gegee moet word en dat dit u tot die diepste geloof sal voer as u uself met `n wil wat aan My toegewy is, uself daarin sal verdiep, en elke woord as uit die Hemel komende sal aanneem, en daarvolgens sal leef.
Selfs u, wat My woord wil versprei, twyfel nog en u kom daarom nog nie oortuigend genoeg vir My woord op nie, en u laat uself deur teenkanting swak word. U geloof is nie sterk genoeg nie, ondanks u goeie wil om My te dien. Die lewe is vir u nog te feitlik, en u kan dit nie met die geestelike bestemming van mense laat ooreenkom nie. En die gevolg daarvan is dat u nie ywerig genoeg is vir wat Ek u vir die komende tyd verkondig nie.
U neem selfs My woord nie ernstig genoeg op nie, sodat Ek steeds weer dieselfde teenoor u moet spreek, naamlik dringend moet wys op die naderende einde. U sal dit nog liggaamlik belewe, sê dit nie genoeg nie? - En weet u watter leeftyd u nog sal bereik? - Kan u miskien ook nie `n kort lewe beskore wees nie? Ek alleen weet watter dag die laaste sal wees, en Ek hou dit geheim. Maar Ek wil tog aan u sê dat die dag nie meer ver is nie, en dat u My sal dien tot aan die einde. Dus moet u ook glo dat u die dag sal belewe.
U sal dan goeie arbeiders vir My wees, want vanuit `n oortuigende geloof sal u ook oortuigend spreek. En sulke boodskappers het Ek op aarde nodig, wat die mense sal oortuig en hulle voorhou hoe nodig My werke op aarde is. Wat vir hulle voorhou in welke geestelike nood die mensdom verkeer, as daar geen hulp gebring word nie. U ontvang reeds My woord en is daarom gevorderd in kennis, maar desondanks wil u dit nie glo nie, ofskoon u dit nie afwys en uself nie vyandig daarteenoor stel nie.
Daarom spreek Ek steeds nadrukliker tot u, want `n diep geloof is nodig as u met u woorde sukses by u medemense wil hê. As uself oortuig is dat wat u hoor deur die stem van die gees die volle waarheid is, dan is u `n ware verteenwoordiger van My woord op aarde. Dan leen u My u mond, sodat Ek Myself daardeur kan uiter. En dit is u opdrag in die komende tyd: dat u die spraakorgaan sal wees vir My; waar Ek Myself andersins nie aan die mense kan openbaar nie. Dit is egter beslis nodig dat u My Self hoor, ofskoon u nie altyd My stem kan herken nie.
Die nood op die laaste van die dae druk so swaar op die mense, dat hulle sonder My hulp en sonder My woord sou twyfel. Maar as Ek Self tot hulle spreek, dan sal hulle sterk wees en die grootste nood kan weerstaan, omdat My woorde hulle krag sal gee. En daarom moet u My u dienste aanbied, sodat daar sonder dwang op die mense ingewerk kan word. Ekself kan steeds aanwesig wees waar u as bemiddelaar die mense in geestelike gesprekke betrek, en op die manier sal die kontak herstel word tussen My en die mense. Hulle het dringend My woord nodig en sal op hierdie manier onderrig word, as hulle wil standhou tot aan die einde. En die einde kom spoedig, dit roep Ek u steeds weer toe. U moet My woorde glo en in volle vertroue die toekoms tegemoet gaan, wat homself sal onthul netsoos Ek lank tevore aangekondig het in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205