Boek 13 - Die nuwe aarde
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE VERANDERING VAN DIE AARDSE OMVORMING - ONTBINDING
B.D.4368 - 8 Julie 1948
U moet steeds besef dat niks wat tot hierdie aarde behoort, blywend is nie, en dat ook die aarde self daarom onbestendig is. Dat sy moet verander, as sy haarself nie geheel wil oplos in haar vroeëre oer substansie nie. Die laasgenoemde sal plaasvind na `n eindelose lang tyd, maar `n verandering van die aarde is op hande. Netsoos al die aardse materie sy opwaartse ontwikkeling deurmaak op `n wyse waar dit sigself van `n bestaande vorm oplos om weer in `n nuwe vorm te ontstaan, netso is die aarde ook aan so `n periodieke verandering onderwerp. Die gesamentlike skepping op die aarde gaan `n nuwe periode van ontwikkeling in, want nie net die geestelike substansies wat in elke skepping gekluister is, strewe opwaarts nie, maar ook die materie self maak hierdie ontwikkeling deur, deurdat dit steeds soepeler word. Dit neem die geestelike as omhulsel op, wat al weer die vorm sneller kan ontvlug vanweë sy rypheid.
En so moet die harde materie ook eenmaal, wat reeds `n eindeloos lang tyd onveranderd bestaan, haar ontbinding ondergaan. Die ontwikkeling moet in sagtere materie vooruitgang vind. Nuwe harde materie moet geskape word as verblyfplek vir die geestelike, wat in die stadium van erkenning (as mens) gefaal het, en hulleself in die kamp van God se teenstander begewe het.
So `n totale verandering van die uiterlike vorm kom slegs in bepaalde tydperke voor. Daarom kan die mense dit nie glo nie, omdat sulke veranderings so lank gelede plaasgevind het dat dit nie as waarheid vasgestel en bewys kan word nie. Want `n ontwikkelingsperiode is eindeloos lank, maar sal tog eenmaal ten einde loop. Dog wanneer die einde te verwag is, kan nie deur mense bewys of bereken word nie, maar ook nie betwis word nie. Maar God vra ons om daarin te glo omdat Hy dit Self deur Sy woord aan die mense verkondig het, en omdat sieners en profete ook steeds weer deurop gewys het.
Dat die ondergang van die aarde, dit wil sê, haar totale verandering slegs `n saak van geloof is, lê die rede daarin dat die mens in volledige wilsvryheid die verandering van sy siel moet volbring. Hierdie vryheid van wil sal egter dadelik belemmer word wanneer mens die tyd van die einde sou kon bereken. Daarom is die afstand in tyd, van die begin tot die einde van `n aardse periode so groot, omdat die mens self moet besluit of hy aan so `n einde sal glo of dit heeltemal afkeur, sodat daar geen dwang op hom uitgeoefen kan word nie.
Maar sodra hy sal nadink en al die ontstaan en vergaan in die hele skepping gadeslaan, sien hy dat die oplossing en omvorming homself dikwels herhaal, sodat hy ook aan die skeppingswerk "aarde" so `n verandering kan toeken en hy dan makliker aan die einde sal glo. Maar wanneer dit nie aan hom verduidelik word nie, is dit omdat die kennis daarvan nadelig sou wees vir die siel.
Maar God verkondig `n spoedige einde van hierdie aarde, dus is die mens, wat Sy woord glo en homself daarop voorberei, goed daaraan toe. Want die dag sal hom nie verras en die gedagte aan die einde sal vir hom regtig nie meer skrikaanjaend wees nie. Veral met die oog op die salige lot wat God aan Syne beloof het, na die omvorming van hierdie aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205