Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

KOMENDE TYD VAN ELLENDE.
B.D .6067 - 30 September 1954
U gaan `n groot tyd van ellende tegemoet, en `n sterk geloof word vereis om van hierdie droefnis Heer te kan word. Want met u liggaamlike krag sal u dit nie kan afweer nie, maar wel met geestelike krag. Dit sal egter `n nood wees wat u terwille van u geloof sal tref, omdat die laaste tyd sal aanbreek waarin die beslissing van u almal geëis sal word.
Die aardse nood van tevore was weliswaar ook onafwendbaar, (omdat dit die laaste periode op hierdie aarde ingelei het) en sal wel alle mense tref, en `n wekroep wees vir almal. Maar hierdie nood sal deur `n natuurramp veroorsaak word, en word daarom ook meer berustend gedra. Maar die groot nood wat die mense terwille van die geloof aangedoen sal word, het geestelike oorsake en geestelike uitwerkings. Want nou eis sowel die mense asook God se teenstander `n beslissing; en dus ook God Self. En van hierdie beslissing hang die lewe af in die Ewigheid.
Daar word van die mense gevra om die geloof in God te verloën, en hulle word dus gedwing tot `n beslissing deur die soewereine mag. En daarom is `n buitengewone sterk geloof nodig om hierdie eis te trotseer, en God openlik voor die wereld te bely.
Wie egter die wil daartoe het, die sal ook die krag he om dit te weerstaan. Want dit stroom diegene van God af toe wat Hom sonder vrees sal bely. Groot nood sal ontstaan deurdat God se getroues bomate verdruk sal word deur hul teenstanders en aards baie benadeel en verkleineer sal word, sodat die weiniges `n mikpunt sal wees waarteen op goddelose wyse geraas sal word.
`n Sterk geloof weer elke aanval af, `n swak geloof word wankelmoedig en het hulp nodig. Maar hulle sal dit ook verkry as hulle na die wil van God verlang. En hierdie tyd moet kom, omdat die dag van die einde steeds naderkom, en die skeiding van die geeste moet voor die tyd plaasvind. Baie mense sal nog uit dié lewe opgeroep word, wat ongetwyfeld sou afsink tydens sulke ellende. Daarom laat God slegs die sterkes in die lewe, wat kragtens hul geloof weerstand sal kan bied.
Hy weet egter ook wie onweerstaanbaar na die diepte streef, en waarby elke wilsverandering onmoontlik is. En ook die laat Hy in die lewe omdat aan hulle sal vervul wat verkondig is, naamlik dat die bokke (die ongelowiges) van die skape (die gelowiges) geskei sal word, omdat die groot reiniging sal plaasvind op hierdie aarde, waarop daar weer `n tyd van vrede en geregtigheid sal volg.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205