Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

SWAARSTE LEWENSOMSTANDIGHEDE NA DIE KATASTROFE
B.D. 3737 - 6 April 1946
In die afsienbare tyd sal u al in ander omstandighede lewe, en u moet u lewenshouding totaal verander om hierdie moeilikhede te kan verdra. Hierdie verandering is onvermydelik, want nou kom die eindtyd in die laaste fase, wat dieselfde beteken as die swaarste stryd vir `n lewe met as einddoel `n snelle geestelike opwaartse ontwikkeling. Want die eindtyd is naby, en dit wat hierdie groot aardse nood nie meer teweeg sal bring nie, laat vir hierdie aarde ook nie meer hoop oor nie.
Maar wie nog in die lewe mag wees na die geweldige ingryping deur God, kan met `n goeie wil nog `n geestelike instelling verkry. Hy kan al die gebeure in verband bring met die wil van die Skepper van die Ewigheid, en Hy kan deur sy instelling nog groot voordeel benut vir sy siel.
Maar heeltemal ongelowige mense sal die verband nie insien nie en vanuit eie krag poog om die aardse lewe te Heer; wat hulle verkeerdelik en nie na God se wil gebruik nie. En hulle sal slaag, want hulle sal ondersteun word deur die mag wat teen God inwerk.
Net so kan die gelowiges egter die swaarste omstandighede oorwin met die krag van God, wat hulle self goed sal kan waarneem, maar wat nie die uiterlike herkenbare uitwerking het dat die mens in aardse welstand leef nie. Hulle kan egter die innerlike krag opwek wat ook in die moeilikste lewensomstandighede stand sal hou.
Want die aardse nood sal groot wees en op natuurlike wyse nie maklik herstelbaar wees nie, omdat hierdie groot vernietiging deur God se wil `n groot wanorde teweeg sal bring, wat die krag van elke mens persoonlik bomate sal opeis.
En daarom sal elke mens persoonlik krag moet put uit God, indien hy hierdie moeilike tyd wil deurstaan. Maar hierdie krag staan hom sekerlik in ryke mate ter beskikking. Daarom laat God steeds weer deur Sy dienare op die aanstaande wys, sodat hulle hulleself reeds vooraf in verbinding kan stel met hierdie "kraggewende mag". - Wie niemand sal afwys wat na hierdie krag verlang nie.
Nog kan die mense hulle nie voorstel van so `n ingryping van God nie, en verwerp daarom dit wat hulle moeilik glo. Tog moet hulle daaroor nadink, sodat hulle nie geheel onvoorbereid sal wees op die gebeure nie, wanneer die dag sal kom. Want dit kom onherroeplik en sal elkeen verras, ook die gelowiges, en dit sal geweldige veranderings teweegbring. En voorspoedig is hy wat sy denke verander en die goeie weg en die korrekte instelling tot God vind in sy grootste nood. Want vir hom sal die dag tot seën wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205