Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

LAASTE FASE - GELOOFSTRYD
B.D. 6452 - 14 Januarie 1956
U sal spoedig die laaste fase betree, want die tyd het gekom waarvan gespreek is sedert die begin van hierdie verlossingsperiode. Die einde van hierdie aarde is op hande en u sal spoedig alle tekens wat deur sieners en profete aangekondig is, belewe. En so sal alles vervul word, omdat My Woord die waarheid is, en Ek self deur hierdie profete se monde gespreek het.
Alles wat Ek voorspel het betreffende die einde moet u, mense, slegs aanspoor tot arbeid aan u siel. Daarom was daar in hierdie verlossingsperiode wel tye gewees, waarin mense kon glo dat die einde op hande is.
En dit was nodig omdat die verdorwenheid van die mense so `n ingryping van My geloofwaardigheid gee, sodat daar steeds weer sommige van die weiniges des te yweriger met hul siele-arbeid sal begin en waarlik vir die ewige lewe gered sal word.
Tog was die tyd nog nie vervul gewees nie, want Satan het nog nie die onbeperkte mag oor die mense verkry nie, ofskoon daar ook in hierdie tyd ware duiwels op aarde was wat hulle wanorde gestig het. Die mensdom was `n langer tyd toegestaan, omdat nog baie van die gekluisterde geestelikes hulleself moes beliggaam, met as doel die laaste wilsbeproewing op hierdie aarde.
My verlossingsplan sal verloop volgens die wet van My ewige ordening, en `n tydperk sal geen dag vroeër of later eindig nie, omdat Ek sedert die Ewigheid voorsien het wat dienstig sou wees vir die geestelike, of hinderlik vir sy ontwikkeling. Die aktiwiteit van Satan neem egter steeds skrikwekkender vorms aan, omdat baie van die gekluisterde geestelike hul vryheid verkry, en deur sy invloed werk volgens sy begeerte. En daarom neem die duiwelse aktiwiteit ook onder die mense toe, hoe nader die einde kom.
En My teenstander voel homself om die rede so sterk, dat hy dink hy kan My heeltemal oorwin. Hy hou hom ten laaste nie meer binne die grense van sy magsbevoegdheid nie, wat aan hom gestel was by sy val in die dieptes nie. En sodra die tyd aangebreek het, word `n einde aan sy aktiwiteite gemaak. Dit beteken die einde van `n verlossingsperiode en die oplossing van elke aardse vorm. Dit beteken die vrywording van die daarin gekluisterdes en `n hernude beliggaming in nuwe vorms ooreenkomstig die staat van rypheid van die geestelike substansies. En die oorskryding van die magsbevoegdheid sal duidelik tot uitdrukking kom, en vir die mense `n seker teken wees van die aanstaande einde. Want My teenstander sal hom openlik teen My draai, omdat hy die mense wil geweld aandoen. Hy wil hulle dwing om My te verloën, omdat hy elke geestelike verbinding met My wil vernietig, om alle mense in sy mag te kry.
Wie van die doel van die aardse lewe ken, naamlik die bestaan in die vrye wilsbeslissing van die mens, sal ook weet dat elke plan van My teenstander teen daardie doel ingaan. En hulle weet daarom ook dat die tydstip gekom het waarin Ek `n einde sal maak aan sy woede, deurdat Ek hom en sy aanhang weer in kettings sal bind. En hy sal daarom ook elke profesie verstaan wat na die einde sal wys.
Daarom, gee ag op hierdie laaste aktiwiteit van My teenstander, waaraan u duidelik sal herken in welke tyd u leef. Gee ag op sy strewe om die mense elke geloof te ontneem, gee ag op alles wat duidelik as die werk van die Antichris herkenbaar is. En let besonder daarop hoe vyandig die mense wat My in waarheid dien en poog om die waarheid versprei, behandel word.
En sodra u hierdie voortekens van `n komende geloofstryd sal kan sien, sal u weet dat u die laaste fase van die bestaan van hierdie aarde ingegaan het. Dan moet u uself bewapen as u aan My getrou wil bly en gaan hierdie stryd met `n vaste vertroue en met krag tegemoet, en weet dat Ek u voorgaan. Dat u vir My stry en waarlik onoorwinlik is en sal bly, al is u in die minderheid teenoor die skare van My teenstander. Maar hy sal Ek oorwin en gevange neem, wanneer die uur gekom het wat beslis is sedert die Ewigheid. En u, My getroues, sal uit hierdie stryd te voorskyn kom op pad na `n nuwe lewe. U sal nie meer verdruk kan word deur hom wat My teenstander is nie, en ook nog in ewigheid My teenstander sal bly nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205