Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

VERSOEK OM KRAG VIR DIE KOMENDE TYD
B.D. 7641 - 5 Julie 1960
Nog is u lewensloop nie ten einde nie, nog kan u van barmhartigheid gebruik maak sonder beperking. Nog word My Woord van Bo vir u aangebied, en nog het u `n sekere vryheid van gees om die woord te kan versprei. Om self die belewenis en die krag van My Woord te ondervind. Want u word nie gehinder om liefdeswerke te doen nie, u kan spreek en handel volgens eie wil. U kan arbei in My wingerd en u kan besig wees vir My en My Ryk.
En u moet bewus wees van hierdie barmhartigheid, want eenmaal sal die tyd aanbreek waar u verhinder sal word om te arbei vir My en My Ryk. Want dan word dit ook vir uself moeilik gemaak om volgens My wil te lewe.
En dan moet u genoeg krag versamel he om te volhard, ook as die vyand teen u optree. Want dan kan u teen hom weerstand bied omdat dit dan My krag is wat nou in u werk, en omdat Hy My mag nie kan weerstaan nie.
Daarom moet u voortydig reeds baie krag versamel en hierdie krag ontleen aan My Woord. En daarom spreek Ek u aan, sodat u sterk sal word in geloof en in die liefde en u daarom vervul sal wees van krag, om die komende tyd van nood maklik te kan deurstaan.
Sodoende moet u vol lewe wees, daadwerklik in die liefde en lewendig in die geloof, daarom kan geen leed wat ookal teen u mag kom, geskied nie. Want daarom sal u baie nou met My verbind wees en die sekerheid van My teenwoordigheid sal u innerlike vrede en onbesorgdheid gee. My teenwoordigheid laat geen vrees in u opkom nie en al die moeilike gaan by u verby, ofskoon dit nie vanweë die mensdom kan uitbly nie.
En hoe die dae ookal sal wees, sal nog die laaste barmhartigheid vir u en u sieleheil wees. Want die siel kan en sal nog ryp word as u wil slegs goed en tot My gerig is. Dan sal Ek daarvoor sorg dat sy die vyand nie ten offer val nie. Dat sy sal toeneem in krag - en steeds weerstand sal bied wanneer hy haar bedreig. - Maar u moet die dae wat nog vir u tot die einde toe sal oorbly, goed benut. U moet die liggaamlike nood nie ag nie, maar slegs aan u siel dink, want haar heil is op die spel. En terwille van haar heil versterk Ek ook My barmhartigheidsgawes, en hulle sal nie ophou tot die einde sal kom nie.
Dit egter word vir u gese dat daar nie meer baie tyd is tot die einde nie. Houvas aan wat vir u gese is, dat u moet glo en u op daardie einde moet voorberei, omdat My Woord u andersins tevergeefs ter ore sal kom, sodat u nie hierdie besondere barmhartigheidsgawe sal uitbuit nie. En al geval dit u ook moeilik om te glo, roep My aan om krag en wees bereid om volgens My wil te lewe en te dink. Dan sal Ek u bystaan en van krag voorsien. Ek sal u gedagtes korrek lei, sodat u nie verlore sal gaan wanneer die einde sal kom nie.
Rig u gedagtes maar net na My toe en u sal nie verlore gaan nie. Want dan sal u ook leer om te glo hoe naby die einde is. Benut die tyd goed wat nog aan u gegee is, versamel krag deur My in gebed te vra daarvoor, en wees liefdadig. Want dan kan u die einde met kalmte verwag en Ek self sal u beskerm en lei. Ek sal by u aanwesig wees, die wat My liefhet, en u sal nie verlore gaan nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205