Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

AANKONDIGING VAN DIE KOMENDE GROOT NOOD
B.D. 7053 - 2 Maart 1958
U sal almal baie krag nodig he, wat u egter te alle tye ter beskikking staan. Want wie na My Woord luister, sal hierdie krag ontvang, sodra hy daardie woord in sy hart oorweeg, en daarvolgens handel. Dan word u self deur My aangespreek en sodoende ook deur My liefde bestraal. En krag sal na u toe vloei, omdat My liefde ook krag is.
Maar hy wie My Woord by sy ore laat verbygaan, sal geen seën daarvan ontvang nie. Want met hom kan Ek nie in kontak tree nie en sodoende kan My krag hom ook nie deurstroom nie. In die komende tyd van nood het u almal My krag nodig, want op aardse manier sal u nie u lewensomstandighede bemeester nie. Slegs met My hulp sal u slaag, en Ek wil u eie magteloosheid en ook kragteloosheid vir u voor oë hou. Ek wil u laat besef dat u swak wesens is, sodat u u toevlug sal neem tot die mag wat u nou moet erken. En daarom sal die gesindheid van die mense vir u duidelik word en die skrikwekkende ongelowigheid van die mense sal te voorskyn kom. U sal die noodsaaklikheid insien om van My en My Ryk, en van My mag en My liefde tot die mense te spreek, om aan hulle die evangelie (van die liefde) te verkondig en hulle tot geloof te bring.
Ook in hierdie tyd van nood sal daar hard gestry moet word met die "swaard van die mond" - Want baie van die swakker gelowiges sal nog meer begin twyfel in `n God en Vader, omdat die onheil wat oor die mense sal uitbreek, nie vir hulle as die werk van `n liefhebbende God sal lyk nie. Want alle mense waardeer die aardse lewe as mens nog te hoog. Om aan hulle daarom die betekenis en die doel van hul aardse lewe toe te lig en hulle op die lewe na die dood te wys, is die dringende opdrag van hulle wat vir My wil werk. En daarom sal hulle `n groot arbeidsveld voor hulle sien le;
Nog lewe die mense voort in onverskilligheid en louheid, en dink nie aan hulle aardse opdrag nie. Daarom moet hulle in hul denke geskok word, want selfs die tallose rampe waarby baie mense hulle lewe sal verloor, ontstel hulle nie meer nie. Hierdie mense is nie anders meer te versteur as deur geweldige gebeure nie, wat elkeen sal tref wat dit oorleef.
En daarom wys Ek u voortdurend daarop dat u almal slegs moet voorberei in soverre u uself in die liefde geoefen het, in soverre u krag versamel het en u uself met My verbind het. In soverre sal u van My krag kan ontvang deur die aanneming van My Woord, sodat u nie hierdie moeilike tyd onvoorbereid tegemoet sal gaan en sodat u u medemens tot steun sal kan wees en My Woord ook aan hulle sal verkondig. Want Ek wil geeneen van u sonder krag laat wat al vooraf vir My krag, My beskerming en My hulp gebid het nie.
Dit sal duidelik word hoeveel u, wat met My gaan, sal kan verdra sonder om uself bomate belas te voel. Weer spoor Ek u, mense, steeds aan om u by My aan te sluit deur liefdadigheid en innige gebed uit die hart. En weer verseker Ek u steeds dat u daarom ryklik krag sal ontvang en niks hoef te vrees nie, selfs nie eers wanneer u volgens aardse maatstaf alles sal verloor nie; want Ek alleen kan u gee wat u nodig het, en Ek sal ook altyd sorg dra vir Myne, vir hulle wat My nie sal vergeet nie en in My hulle Vader sien; wat soos kinders in My arms vlug in elke nood en in elke gevaar.
U, wat My wil dien, sal ook My nabyheid in die besonder voel, omdat u die waarheid van My Woord sal herken en daarom steeds nader aan My sal kom. Tot Hom wat u nou erken in Sy Mag en Sterkte en in Wie se Liefde u ook glo en waaraan u daarom uself vol vertroue oorgee. En omdat Ek u daarom as stryder vir My en My Naam nodig het, omdat Ek u nodig het vir ywerige arbeid in My wingerd, daarom sal Ek u so duidelik bystaan, dat u hierdie arbeid ook met sukses sal kan volbring.
Alles gaan gebeur soos wat in My verlossingsplan voorsien is, omdat net Ek weet wat tot heil van My skepsele dien. En ook die einde is onherroeplik beslis. Juis die einde gee My nog aanleiding tot `n laaste daad van erbarming, ofskoon dit lyk na `n daad van wreedheid. Maar dit sal nog baie mense redding bring en word as `n laaste middel aangewend om My skepsele die weg na My toe te wys. En hierdie daad sal nie heeltemal sonder sukses wees nie.
Ek dink aan die groot geestelike nood waarin die mensdom hulle bevind, en elke siel wil Ek daarom nog aanraak om haar vir My te wen. Daarom moet Ek `n groot aardse ellende oor die aarde laat kom, wat egter met My hulp oorwin sal kan word. Want My liefde en mag sal hom oral openbaar waar Ek om hulp aangeroep word.
En My krag sal u ontvang as u dit slegs sal begeer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205