Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

KATASTROFE - ANTICHRIS - GELOOFSTRYD - EINDE
B.D. 7970 - 18 Augustus 1961
Wat alles nog voor die einde sal afspeel, kan maar net vir u aangekondig word dat dit bomate swaar en smartlik vir die mensdom sal wees. Oral sal die stem van God weerklink, al is dit op verskillende maniere. Want waar Sy woord van liefde nie geag word nie, daar sal Hy Hom duideliker openbaar. Oral sal leed en nood wees, en rampe en katastrofes sal mekaar afwissel met gebeurtenisse in die natuur, waarin die elemente die lewe sal bedreig en beƫindig.
En dit alles is die werk van God en Sy Wil om die mense so wakker te skud, en hulle van hul aardse lewensdoel bewus te laat word. En waar die mense met Hom verbind is, daar sal die nood ook draagliker wees. Want Hy sal nie Syne verlaat nie, hoewel hulle hulleself te midde van hierdie gebeurtenisse sal bevind en nie die groot nood in die laaste tyd voor die einde sal ontglip nie.
En u, mense, moet ag gee op wat daar om u heen en in die wereld gebeur. Want dit is sigbare en duidelike waarskuwingstekens. Dit is vir die gelowige steeds as die ingryping of toelating van God te herken, omdat dit al vooraf vir u gese is dat u deur groot nood en ellende moet gaan, alvorens die einde sal kom.
Alle tekens wat oor die einde voorspel is, is herkenbaar, maar u, mense, wil dit maar net asof in die verre toekoms sien. U wil nie glo dat die tyd van die einde gekom het nie.
Dit is egter ook vir u gese dat die tyd verkort sal word, terwille van hulle wat sal glo en standhou. Sodoende sal alles baie vinnig op mekaar volg, die ellende en nood van die geloofstryd en die woede van die Antichris, wat oorduidelik te siene sal wees. En reeds daaruit sou die eindtyd vir u geloofwaardiger moet wees.
Want daarom sal die mense wat aan hom diensbaar is, hulleself oortref in boosheid, haat, leuens en wraakgierigheid. Mag en heerssug sal sy aktiwiteite duidelik kenmerk, en die mense sal hulle heeltemal aan hom verkoop deurdat hulle volgens sy wil sal handel en meedoƫnloos sal optree teen hulle medemens, wat nog in die geloof volhard en aan God trou wil bly.
En hulle sal ongewone beskerming en besondere krag ontvang, want God sal by Syne bly en hulle deur nood en verdrukking lei. En salig diegene wie hierdie tyd sal herken en hulle aan Hom toevertrou, alleen die Een wat hulle sal kan beskerm in elke nood. Salig die wat glo, salig die wat Hom tot hulle laat spreek en ook voortdurend krag van Hom aanneem. Want ook hierdie swaar tyd gaan verby, en die lot van hulle wat stand hou tot die einde sal salig wees. Want eens sal die mag van die teenstander gebreek wees. Dan word hy en sy aanhang opnuut gekluister, en daar sal weer vrede op aarde wees. Op hierdie aarde sal dit wel gebeur, want haar einde het gekom volgens die Wet van die Ewigheid. Tog sal sy deur God se mag nuut te voorskyn kom, en die mense sal weer daar in die paradys van die nuwe aarde geplaas word, die wat sal standhou tot die einde toe. - Want hulle glo in hulle God en Vader. Hy sal hulle red uit die diepste nood en verdrukking. Want die tyd is vervul, en die einde sal kom soos dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205