Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

SATAN WOED MET VERSTERKTE MAG - EINDTYD
B.D. 5467 - 21 Augustus 1952
Die tekens wat op die einde wys sal vermeerder en die aktiwiteite van Satan sal steeds duideliker op die voorgrond tree, want almal wat na My streef sal sy vyandige aanslag bespeur. Hy sal poog om hulle in twyfel en verwarring te bring, en nie sonder sukses nie. Ek beskerm Myne egter en bring sy doen en late aan die lig, sodat dit vir almal te herken is wat My ernstig as doel voor oë het. Dit is die tekens van die tyd, want ook die kragte van die duisternis is onvermoeid besig omdat die einde nader. Maar Ek se vir u; wees waaksaam, bid en hou u aan My, en Hy sal u geen skade kan berokken nie.
Lig en duisternis stry teen mekaar, want die duisternis haat die lig en die sal hom daarom altyd as skadu merkbaar maak waar geen helder lig skyn nie. Ek het egter die mag om sulke skaduwees te verjaag, en glansryker as ooit sal die lig straal. Maar u sal uself nooit in die rus kan verheug nie, want daar sal `n voortdurende stryd wees met My teenstander solank u op aarde leef. En hy is ook tot die einde ywerig om u weer skade te berokken. Want hy weet dat hy u verloor het, en hy glo dat hy u weer sal terug wen.
Die vyandelikhede van hulle wat aan hom onderdanig is, sal steeds talryker word, en wel des te meer hoe lewendiger u straal, wat hy wel besef. Maar hy haat die lig omdat hy die waarheid haat, en gaan daarom teen die waarheid in. En solank u uself op aarde sal besig hou om die waarheid te versprei en My Woord te bring aan u medemens, solank sal hy u ook as vyand vervolg en sal probeer om u ten gronde te rig.
Hy sal die waarheid openlik aanval en u, wat vir die waarheid instaan, belaster. En hy sal u as bedrieërs voorhou om ook die geestesgoed wat u verteenwoordig, twyfelagtig te maak. Maar hy kan tog nie teen u standhou nie, want agter u en die waarheid staan Ek self.
Maar hy sal slaag om u, My verteenwoordigers, uitmekaar te dryf. Hy sal slaag om u te isoleer, omdat die gemeenskaplike arbeid hom nie pas nie, en omdat hy in die stryd teen die enkeling op sukses reken.
Maar selfs daarom beskerm Ek nog die lig, en die suiwer waarheid sal hy nie kan verswak nie. Tog moet u waaksaam wees en bid, want u is steeds in gevaar om swak te word, as u My nie om beskerming sal aanroep teen alle aanvalle van die teenstander nie.
Want die einde is naby al raas hy met versterkte mag; want sy tyd het gekom waarin hy weer gekluister sal word soos verkondig is. Die waarheid sal seëvier en almal tot saligheid bring wat aan die waarheid sal gehoor skenk en so die lig aanneem wat Ek sal laat opflikker. Want daardeur kan Ek hulle help om vanuit die duisternis van die geeste en uit die mag van die dood tot die lig en die lewe te kom, en deur die waarheid aan die saligheid deelagtig te word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205