Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE GROOTTE VAN DIE NATUURGEBEURE VOOR DIE EINDE
B.D. 8982 -25 Mei 1965
U almal moet uself voorberei op die einde, om ten minste met `n sprankie van insig die Ryk hierna in te kan gaan. Want daar is nog maar weinig tyd, maar wat egter voldoende sal wees wanneer dit goed benut sal word. As u van goeie wil is, is u verandering tot liefde volbring.
Genoeg geleenthede word u daartoe gebied, sodra My ingryping sal plaasvind, sodra u deur `n natuurramp getref sal word, wat alles wat voorheen gebeur het, in die skadu sal stel. U kan geen voorstelling vir uself maak wat daar sal gebeur nie, en tog moet u glo dat My stem geweldig sal weerklink, waarmee Ek u, mense, nog eenmaal sal aanspreek voordat die laaste einde sal kom. Dit sal vir u almal `n ontsaglike belewenis beteken, wat Myne egter nie so swaar sal tref nie, omdat hulle geloof so sterk sal wees dat hulle hulleself geheel en al aan My sal toevertrou, en daarom ook die hulp wat hulle verwag, sal ervaar.
En dan sal elke mens die geleentheid he om onselfsugtige liefde te beoefen om nog tot rypheid te kom, want daar sal baie ellende wees. En `n ieder sal kan help, al is dit net deur trooswoorde. Deur die mense te wys op `n God van die Liefde, sal Hy slegs die wat deur `n vertrouensvolle gebed verlang, Sy hulp sigbaar bewys. Want wat u nog geestelik vir die mense kan bybring, sal hulle siele help en hulle bewaar vir die verskriklike lot van die hernieude kluistering.
Maar ook aards sal u hulle kan help, want om te wil help sal u ook in die geleentheid stel om te kan help. Want waar geen menslike hulp meer moontlik is nie, staan vir My nog steeds tallose helpers tot beskikking, en hulle sal vir u op ongewone wyse sorg.
Ek verlang slegs `n vaste geloof van u, en dit sal in u aanwesig wees wanneer u sal sien hoe alles vervul sal word wat Ek voorspel het. U sal u daarom met liggaam en siel moet oorgee, en maar net vir My en My Ryk besig wees. U almal moet hierdie tyd goed benut, u moet voortdurend liefde betoon wat uself steeds weer krag sal gee. U moet slegs aan u siel dink, omdat u nie sal weet hoe lank u nog op die aarde mag vertoef nie. Want dit kan nog maar `n kort tydjie wees wat u op aarde sal verblyf, veral as u nie die sterkte van geloof kan bereik wat `n volharding tot die einde moontlik sal maak nie. Want daarom is My erbarming groter, wanneer Ek u reeds voor die tyd oproep vanaf hierdie wereld, omdat u nog sal kan binnegaan in die Ryk hierna, waar vooruitgang nog vir u moontlik sal wees en die gevaar nie bestaan dat u aan die einde weer sal afsink in die diepte nie. Want Ek worstel oor elke siel en weet wat haar wil is, dus weet Ek ook waar nog `n kans bestaan op redding, en dit benut Ek ook. Slegs dit kan Ek nie doen nie, naamlik om u met dwang te bevry uit die hande van My teenstander. Want Hy besit dieselfde reg op u, omdat u hom eertyds vrywillig gevolg het.
Dus kan Ek steeds net aan hulle hulp verleen wat hulleself uit sy geweld wil bevry. En dit doen Ek waarlik op elke wyse, want net die feit dat u al kennis ontvang oor die komende groot nood en dat u deur gebed u krag sal kan versterk as u daarin glo, is al `n besondere hulp.
Want daartoe is u almal geskik, naamlik om uself in gebed met My te verbind en tot u Vader te bid dat Hy dit in barmhartigheid mag beskik, dat die natuurgebeure nie so `n erge uitwerking op u mag he nie, wat sekerlik te alle tye in My mag le. Daarom sal Ek elke gebed wat in gees en waarheid tot My gerig is, verhoor. Daarom sal alle mense nie gelyk getref word nie. Openlik sal My wil hom openbaar en ook die geloof versterk van hulle wat nog twyfel. Maar ook die ongelowiges sal verstom staan en hulle verwonder. Hulle haat teen die gelowiges sal toeneem, wat in vyandelikhede getoon sal word waardeur Myne sal ly. Maar tog is My beskerming vir hulle seker, want solank hulle vir My en My Ryk besig sal wees, sal Ek hulle skrede so lei dat dit nie sonder resultaat sal bly nie. En die siele aan wie hulle redding gebring het in geestelike en aardse nood, sal hulle dank.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205