Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE MISSIE VAN MY DIENARE OP AARDE NA DIE NATUURKATASTROFE
B.D. 3709 - 10 Maart 1946
Wat u verneem deur die innerlike stem, verkondig dit hardop aan u medemense wanneer die tyd gekom het. Want dit is u missie wat u moet vervul, dat u dit vir die mense kan uitle wanneer hulle die wereldgebeure nie meer begryp nie. Wanneer deur My ingryping, dit vir hulle moeilik sal wees om te glo in `n Skepper van Hemel en aarde, aan `n liefdevolle Vader wat die lot van Sy kinders op aarde bestuur. Gaan dan tot aksie oor en vertel hulle van My groot liefde.
Ontstel hulle nie met `n God van toorn en wraak nie, want dit is nog geen straf nie, maar slegs opvoedingsmiddele wat Ek gebruik om die siele van die mense te red. Nog het Ek die laaste oordeel nie uitgespreek nie. Ek laat egter geen middel onbeproef om nie die siele op die dag van die oordeel te moet veroordeel tot `n ewige lang verdoemenis nie.
Probeer om dit vir die mense begryplik te maak dat `n verlossingstydperk afgeloop is, en dat daar nog maar `n kort tydjie is voor die einde, dat die tyd veral goed benut moet word vir `n terugkeer na My toe. Maar die mense sal twyfel aan My liefde en almag as hulle die groot ellende sien wat deur die wil van die mense, en uiteindelik deur My wil oor die aarde sal kom. En wie nie sal vasstaan in die geloof nie en nie deur `n lewenswandel in liefde die goeie insig het nie, die sal gevaar loop om weg te val, dit wil se My heeltemal op te gee as daar geen opheldering vir hom gegee sal word nie.
Maar die grootte van die ellende sal ook hulle harte open. Hulle sal na u luister en u woorde sal nie sonder om indruk te maak, wegsterf nie. En daarom moet hierdie tyd besonder benut word en u moet daaroor praat so dikwels as wat daar geleentheid is, en u `n innerlike drang daartoe voel. Want daarom is dit My Gees wat u aanspoor om vir My en My Ryk werksaam te wees. Hou hulle daarom die groot geestelike nood voor en maak hulle opmerksaam daarop dat hulle liggame nog maar `n kort tydjie gegee is, dat siele egter ewig lewe, en dat die lot van hulle siele die vernaamste is.
Vermaan hulle tot liefdadigheid en vermaan hulle om die eie nood nie so hoog te ag nie, maar meer belangstelling te toon vir die nood van die medemens. En laat hulle die groot seën en krag sien van die naasteliefde. Toon hulle My voortdurende bereidwilligheid om te help, en probeer om hulle geloof op te wek en te versterk. U hoef vir u geen sorge te maak wat om te spreek nie. Ek gee u die woorde in die mond as u vir My besig wil wees, en nie onwillig is om die opdrag wat Ek u gee deur My Woord, te vervul nie.
Duideliker as ooit sal u My stem in u verneem, en vrees daarom geen mag wat teen u is nie. Want Ek wil dat u vir My besig is en weet om u daarom ook te beskerm teen hulle, wat u wil hinder in die uitvoering van u opdrag. Spreek onbesorg en laat geen klein twyfel in u opkom of u volgens My wil wil handel nie. Want wanneer die tyd gekom het om vir My te werk, neem Ek besit van u, en sonder teenstand moet u My volg, dit wil se doen wat u hart u ingee om te doen.
U sal dit duidelik in u hart voel en self innerlik die grootste drang he om te spreek tot almal wat op u weg kom. U sal hulle wys op die naderende einde, wat net so seker sal kom as My ingryping deur middel van die geweld van die natuur. Net soos alles in vervulling sal gaan wat Ek verkondig het deur My gees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205