Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GELOOFSTRYD - VERVAL VAN MENSEWERK. DIE KERK VAN CHRISTUS (CHRISTUS)
B.D. 4167 - 14 November 1947
In die laaste tyd voor die einde sal gesien word welke weerstandskrag die mense sal inbring teen diegene wat aan die ware kerk van Christus (Christus) behoort. Dit sal in teenstelling wees met hulle wat mensewerk meer aanhang, want dit sal hulle sien ineenstort in die aangesig van die geloofstryd. Dit sal `n tyd wees waarin geen kompromieë sal voorkom nie. Waar elkeen `n duidelike beslissing sal moet neem, waar aan die geloofsleringe tot in die kleinste getorring sal word en waarom daar ook nadenke vereis sal word. Waar al die uiterlike nie sal kan standhou teen ernstige kritiek nie, en daarom veroordeel en afgewys sal word. En dan sal die mense eers erken hoe waardeloos die uiterlike geloof was, en wat se barmhartigheid en krag daar in die ware geloof le en in `n innige verbinding met My, wat vry is van alle uiterlike skyn.
En die mense sal iets sien ineenstort wat hulle as bestendig beskou het, (die uiterlike kerke = opmerking van die Hollandse uitgewer) en hulle sal moet insien dat die geloof van hulle wat sonder dwanggebooie lewe, baie sterker is. Dat hulle nader aan My staan deur hulle lewenswandel en hulle wil, wat My gedurig soek en na My streef. En alle kerklike verrigtinge sal val onder maatreëls van hulle wat veg teen al wat geestelik is. En daarom sal slegs die mense wat in die diepste van hulle harte na My verlang, hulleself bewys, hulle wat My Woord aanneem en met My Woord ook My krag.
Dan sal baie wegval wat vir die mense nou nog belangrik lyk. Hulle sal dit moet opgee en genoeë neem met `n stille innerlike inkeer, sonder uiterlike vertoon, sonder pronk en praal, en sonder onderwysers wat nie deur My verlig was nie en daarom ongeskik sal wees vir die amp van sielversorger. En hulle sal ook moet aanvaar dat My dienare op aarde self deur My gekies sal word, en dit sal aan hulle opgedra word om hulle medemense te onderrig en aan hulle die waarheid te bring.
En salig is hulle wat daarom die waarheid sal aanneem. Wat daarom moeite sal doen om volgens My wil te lewe, en die kort tyd tot die einde sal benut vir die ontwikkeling van hulle siele. Want hulle sal standhou en volhard tot die einde toe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205