Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE AANVALLE VAN DIE TEENSTANDER IN DIE EINDTYD
B.D. 8365 - 29 Desember 1962
U sal uself nog dikwels moet waardig maak, want My teenstander sal u aanval waar dit maar moontlik is. Hy sal tweedrag saai en die mense teen mekaar aanhits, hy sal alles doen om u te verontrus en tot `n val te bring. En steeds sal u moet bid vir krag om sy versoekings te kan weerstaan.
Daarom moet u voortdurend u toevlug tot My neem, voordat hy u kan aanval. U moet My daagliks en elke uur om beskerming teen hom bid, omdat Ek dan aan u sy kan staan en hom afweer. Dit sal `n swaar stryd tot die einde toe teen hom wees, want hy sal u nie sonder stryd oorgee aan My nie, u God en Vader van Ewigheid af. Maar Ek het ook reg op u, en daarom hoef u uself maar net na My toe te wend, en Ek sal altyd gereed staan vir u, omdat Ek u liefhet. En Ek wil die vyand van u siele verdring, sodat u nie in versoeking sal kom nie.
Waar My teenstander `n geestelike strewe herken, is Hy besonder heftig aan die werk, en probeer hy om dit te verhinder. En daarom moet u uself waardig maak en ernstig teen hom weerstand bied. U mag hom geen aanvalspunte bied, deur u te laat meesleep deur ongeduld, wrewel of liefdeloosheid nie, want daarom word dit steeds moeiliker om van hom los te kom, ofskoon Ek voortdurend bereid sal wees om te help. Maar u gedagtes sal daarom nie meer so gou die weg na My toe vind nie, en slegs die innige verbinding met My, behoed u teen sy aanvalle en versoekings. En solank dit vir hom nog moontlik is om u onrustig te maak, ongeduldig en toornig te laat word, solank is u nog swak, en sal hy sy mag benut.
Daarom moet u standvastig arbei aan u siel en probeer om al u gebreke af te le. U moet steeds alleen tot My bid om die nodige krag en waarlik, u wil daartoe sal u alreeds die krag gee en u sal as oorwinnaar te voorskyn tree.
In die tyd van die einde sal sy aktiwiteit oorduidelik wees, want Hy sal geen vrede, geen harmonie en geen eendrag onder die mense duld nie. Hy probeer steeds om te versteur, en die onus le by uself of hy sukses sal he al dan nie. Want slegs `n beroep op Jesus, u Redder en Verlosser, sal u kan versterk en u sal teen hom kan weerstand bied.
Jesus het hom oorwin deur Sy dood aan die kruis, en roep u My aan in Jesus, moet Hy u vry laat. Maar u vergeet dikwels juis in sulke versoekings om aan u Redder en Verlosser te dink. En dit is juis die werk van die teenstander om u gedagtes te verwar, sodat u op sy aanvalle ingaan en u as mens probeer verweer, waar slegs Ek kan help, omdat u self te min krag besit.
Daarom moet u uself in elke versoeking waardig maak, dit wil se die weg neem na My toe in Jesus, want daarom moet Hy hom terugtrek, omdat My krag waarlik sterker is as syne, en Ek geen mens in nood sal laat wat sy toevlug tot My sal neem nie. Uit eie krag sal u niks vermag nie, maar met My krag alles. En hierdie krag sal Ek u steeds weer gee sodra u daarvoor vra, want daarom is u gedagtes na My toe gewend. Dan kan Ek My reg laat geld en u behoed in elke nood en elke gevaar.
Vergeet dit nie, want nog dikwels sal hy u in die noute bring, nog dikwels sal hy hom aan u opdring en nog dikwels sal u die gevaar loop om voor sy versoekings te beswyk. Maar u hoef My slegs aan te roep in gees en waarheid, en Ek sal hom van u afweer en u nie aan hom oorlaat nie. Maar Ek sal u steeds help in elke nood en in elke gevaar.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205