Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

TEKENS VAN DIE EINDTYD
B.D. 7737 - 3 November 1960
U sal ook op ongewone wyse deur My aangespreek word. En u moet op die tekens let wat u sal sien aan die Hemel en op aarde, want alle groot gebeurtenisse werp hulle skadu vooruit. En daaraan sal u al kan sien in welke uur u leef, want die korrekte tyd kan nie vir u gegee word nie, aangesien u nie meer in staat sou wees om u lewe op aarde tot op die einde te leef nie. Want van angs sou u vergaan - of, u sou u lewe voor die tyd self beëindig. Daarom hoef u die profete wat vir u `n bepaalde tyd aangee waarin die oordeel sal plaasvind, nooit te glo nie, want dit is valse profete, en hulle bring slegs die denke van die mense in verwarring.
U moet egter ag slaan op die tekens wat Ek vir u aangekondig het. Want om My Naam ontwil sal daar voor die tyd nog `n stryd ontbrand en u, My dienare op aarde sal tot verantwoording geroep word. Dit is `n seker teken dat die laaste dag nie lank daarna sal kom nie, want Ek het gese: "Ek sal die dae verkort" - want hierdie stryd sal met alle brutaliteit gevoer word, sodat Ek self sal moet kom om dit te beëindig.
En Ek sal kom. U hoef hierdie stryd nie te vrees nie omdat Ek u sal uitrus met groot krag, terwille van hulle wat nog swak of besluiteloos is en wat u as voorbeeld kan neem om nog die weg na My toe te vind.
Maar sodra die geloofstryd sigbaar word, wat in alle dele van die aarde herken sal word, sal ook die aktiwiteit van My teenstander so duidelik raak dat Hy gekluister moet word. Want daarom word dit vir alle mense op aarde moeilik gemaak om hul geloof in één God en Skepper, wat Hemel en aarde regeer, te behou.
Dan sal My Mag hom openbaar en My Wysheid sal waarlik doen wat goed is, om die aarde weer as `n skool vir die gees te laat word. Want daarom sal `n tydperk tot `n einde kom en `n nuwe tydperk begin vir dié mense wat Ek as stam van die nuwe geslag, voor die einde sal wegneem.
En daarom sal daar weer `n paradysagtige toestand wees waarin alle mense in liefde tot My sal lewe, sodat Ek in hulle midde kan vertoef soos wat Ek belowe het aan hulle wat sal volhard tot die einde toe, en hulle sal salig wees.
Dat `n tyd van ellende oor die aarde egter vooraf moet plaasvind, is onafwendbaar, omdat daar nog enkeles gered sal word en verlossing sal vind in Jesus Christus, wie se Naam daarom vooraf nog in die hele wereld verkondig sal word. Maar die tyd van droefnis het daarom reeds aangebreek, en die wereld sal nog baie ellende belewe. Myne herken egter die tyd en hulle hou hulle aan My. En Ek sal hulle waarlik versterk en hulle te alle tye hulp verleen as hulle sal dreig om swak te word, want Ekself staan aan hulle sy en gaan as "LEËRAANVOERDER" vooruit. - En daarom sal hulle ook oorwinnaar bly in hierdie laaste stryd, want hulle sal deur My krag stand hou en hoop op My koms. Hulle sal stand hou tot die einde toe, want wie se krag te swak is, roep Ek nog op vóór die tyd, want Hy mag My teenstander nie ten offer val nie.
Maar u moet voortdurend vir `n vermeerdering van krag bid. U moet steeds met My verbind bly. - Dan sal hierdie swaar tyd ook by u verbygaan, en My koms sal u red uit elke nood.
U sal in `n Ryk van vrede ingaan, en die nuwe aarde sal u in alle prag en glansrykheid opneem. U sal in My en met My `n nuwe lewe begin, en Ek sal by u vertoef soos wat Ek dit belowe het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205