Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

KAN DIE OORDEEL AFGEWEND WORD DEUR GEBED?
B.D.5339 - 18 Maart 1952
U, mense, sou die aanstaande oordeel wel kan voorkom. U sou die werk van vernietiging van hierdie aarde kan teenhou, as u ernstig daaroor tot My sou bid. Maar slegs met `n gebed wat uit die diepte van u hart voortkom, en nie net wat met die mond gespreek word nie. Maar so `n gebed vereis `n onwankelbare geloof in My, en daardie geloof ontbreek u. En die meeste mense moet, wanneer hulle ernstig oor hulle gedagtes nadink en hulleself rekenskap daarvan gee, hulle ongeloof beken.
By baie mense word My Naam nog wel genoem, maar die hart weet reeds lank niks meer daarvan nie. En daarom is u nie meer in staat vir so `n gebed wat My sou beweeg om die aangekondigde oordeel af te wend nie. Bowendien glo die mense ook nie meer daaraan nie, en dus doen hulle ook geen beroep op die barmhartigheid van `n ware gebed nie, wat alleen nog in staat sal wees om My wil te laat wysig. En wanneer Ek die komende so vasbeslote aan u verkondig, dan is dit omdat Ek van die geloofstoestand van die mense weet, en hulle wil sedert die Ewigheid aan My bekend is.
Ek kan hulle wil nie deur dwang verander nie, want dit is na My teenstander gewend en keer hulle heeltemal van My af. Tot `n bepaalde grens laat Ek die wil van die mense die vrye loop neem. Maar sodra die grens oorskry word, gryp Ek in om te verhinder dat die mense in die eindelose diepte afsink. Ek weet wanneer Ek `n einde daaraan moet maak, wanneer Ek die mag van My teenstander moet breek. Ek weet daarom ook hoe Ek die mense uit sy mag en invloed kan onttrek. En Ek weet ook dat die kluistering in die hardste materie vir die van My vervreemde geestelikes baie gunstiger en hoopvoller is, wanneer Ek die mense in hierdie lae geestesgesteldheid van die ou aarde hou, en sodoende ook hulle lewe sou laat behou as wat Ek hulle tot ware duiwels sou laat word deur die invloed van My teenstander. En bowendien het Ek reeds elke mens afsonderlik benader om hom vir My te wen.
Elke mens het persoonlik genoeg geleentheid om na My toe te kom, My te leer ken en My Vaderliefde te ondervind, as Hy maar wil. Ek het al tallose middele probeer. Ek lok met woorde van liefde, Ek vermaan en waarsku hulle deur leed en nood en Ek spreek tot hulle deur `n mensemond. Ek probeer hulle gedagtes na die geestelike te lei, maar My teenstander wen hulle vir hom deur die wereld en haar materie. Hulle ag My egter nie, behalwe die weiniges wat My herken en liefhet, en wat daarom ook nie vir die einde hoef te vrees nie.
Hy is egter op die hoogte van die nood van die mensdom in hierdie tyd. Hy begryp ook waarom Ek `n tydperk beƫindig wat maar net `n laer geestestoestand kan bring, egter nooit meer `n verandering ten goede, tot geloof en geestelike opwaartse ontwikkeling nie. - U, mense, sou wel baie kon bereik het deur `n diepe geloof en innige gebed, maar u begeertes geld slegs vir die wereld en haar goedere, en daarom sal dit vergaan omdat die tyd vervul is
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205