Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

LAASTE STRYD. OPENLIKE BELYDENIS VAN CHRISTUS (CHRISTUS) VOOR DIE WERELD
B.D. 4433 - 15 September 1948
Die stryd teen alle geestelikheid sal aangekondig word in die laaste tyd voor die einde, en daaraan sal u kan herken welke uur op die wereldklok geslaan het, en dat die dag ten einde loop. U kan daarom groot beroeringe verwag wat deur meedoënlose maatreëls van die wereldlike mag veroorsaak sal word. Mense sal u lastig val met vrae en bedreigings oor u houding tot Christus (Christus) en tot die geloof in die algemeen. Mense sal nie skroom om u gade te slaan, u gesprekke af te luister en u voor die regbank te sleep nie, om u so tot verantwoording te roep vir u uitsprake en optrede nie. En dan het die tyd gekom waarin u My openlik sal moet bely, waarin u sonder vrees moet spreek hoe u oor My dink en hoe u teenoor My staan.
Die openlike belydenis voor die wereld vorder Ek van u as bewys dat u aan My behoort. Ek self weet wel hoe u in u hart dink en voel, maar dit is `n laaste stryd waarin `n skeiding moet plaasvind tussen die bokke en die skape. En hierdie laaste stryd sal openlik uitgestry moet word, omdat ook die wese van die stryd duidelik moet wees. En omdat die skuld van die teenstander dan vir die wereld vanselfsprekend sal wees om ook nog by die besluiteloses by `n beslissing aan te dring, sowel deur die houding van die gelowiges asook deur die houding van hulle wat die gelowiges vyandig gesind is.
Die stryd sal maar van korte duur wees en sal oral gevoer word, maar net op verskillende wyses. En steeds sal die liefdeloosheid opstaan teen die liefde, die materiële wereld sal die geestelike wereld bespot en mishandel, en daar sal twee leerstellinge oral duidelik merkbaar wees: waar die leer van Christus (Christus) verdring is, en waar die Goddelike leer van die liefde die beginsel is van wat die mense gepredik en gevra word om te glo.
En daarom sal die afvalligheid van My in die hele wereld duidelik te siene wees. Waar die Christelike leer van die liefde egter versprei is, daar sal ook die geloofstryd hom in alle hewigheid afspeel, en dit sal die einde beteken. U, mense, kan vir uself nog geen begrip maak van die verloop van die komende gebeurtenisse nie, en daarom lyk dit vir u ongelooflik. En tog sal dit gebeur soos Ek aan u verkondig het deur My gees, en die tyd is so naby, dat u ontsteld sou wees as u die dag en die uur sou wis van die ondergang.
Tog mag u geen angs daarvoor he nie, want u trou aan My verseker u ook van My volledige beskerming en toevoer van krag om stand te kan hou. En om dit te weet sal u vol vertroue en sterk in geloof maak, sodat u die tyd sal deurstaan, te meer omdat Ek die dae sal verkort sodat u kan salig word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205