Boek 10 - `n Tyd van Ellende
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

`N TYD VAN ELLENDE
B.D.3810 - 24 Junie 1946
In die jongste tyd reeds sal u opnuut aan kwellings blootgestel wees, u sal in nood raak wat sal dreig om u byna neer te druk; maar daarom weet u dat Ek nader aan u sal wees as ooit tevore. Gee uself heeltemal oor aan My leiding en bly in u harte getrou aan My, omdat u My erken en beken ondanks alle moeilikhede. Dan sal Ek u waarlik nie verlaat nie, en u kan die volste geloof he in My Woord.
Maar die nood moet kom, omdat wat geskryf is vervul sal word. Omdat die tyd van groot ellende vir alle mense te herken is en om ook herken te kan word as die laaste tyd voor die einde.
Die wereld wil geen verandering van die aardse verhoudings in liefde duld nie, maar wakker die volkere aan tot `n hernieude worsteling en stryd teen mekaar. En die wereldgebeure gaan `n nuwe periode binne, egter van korte duur. Die hernieude spanning van die volkere sal `n groot aardse nood teweegbring wat deur My wil op die korrekte tyd beëindig sal word.
Maar u, wat aan My behoort, u hoef ook hierdie tyd van nood nie te vrees nie, ofskoon hulle u ook op velerlei wyse sal raak. Hierdie tyd is vir u weer `n geloofsbeproewing wat u sal kan deurstaan as u uself vaster as ooit by My sa aansluit, en u uself aan My leiding en hulp toevertrou.
Wat binnekort sal plaasvind, sal vir u `n bewys wees van My Woord en as u op My sal vertrou, sal Ek u help in elke nood en elke gevaar. Want alles is oorwinbaar met My hulp, niks is onmoontlik vir My Krag en Mag nie. Geen bede laat Ek onverhoord wanneer u in My sal glo en My uit die diepte van u hart sal aanroep nie.
Ek is naby aan u en lei u lot volgens My wil, en as u dit sal glo, sal alle leed vir u draaglik wees. Maar die wereld om u heen en die mense wat nie aan My behoort nie het nog groot ellende nodig, indien hulle hulleself nog uit vrye wil ten goede wil verander en My om hulp aanroep. Daarom moet ook hierdie kort periode, deur u mense deurleef word, omdat u siel voordeel daaruit sal trek.
Maar My ingryping beëindig hierdie periode, waarop `n ander nood sal volg, hoewel die eerste besweer is. Dit is `n tyd van ellende voor die einde, en wel vir hom wat die tyd van die einde daarin herken. Hy sal troos en hoop put uit elke woord van My. Hy sal My nie versaak nie, maar hom inniger as ooit met My verbind. Hy sal sonder skade vir sy siel, alle aardse nood en gevare deurstaan, omdat Ek hom self aan die hand sal neem en hom daarom ook krag en “lig” sal gee. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205