HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 8
DAAR IS GRADE VAN GELOOF!
24 Januarie 2008 om 19h25
Die Skrif praat van swak geloof; die Skrif praat van sterk geloof; die Skrif praat van groot geloof; die Skrif praat van “o julle kleingelowiges”; die Skrif praat van geloof wat toeneem; die Skrif praat van ongeveinsde geloof; en die Skrif praat van geloof wat skipbreuk gely het.
Uit hierdie beskrywende woorde kan julle aflei dat Ek dit onder julle aandag wil bring, dat daar grade van geloof is. Dit is nie maar net ‘n geval van jy het of geloof, of jy het dit nie. Die Skrif leer julle dat julle met ‘n sterk geloof die beloftes van My, Elohim, verkry. Dit is julle wat wandel in die volheid van My seëninge. Ja, wat nodig is om My arm te beweeg – STERK GELOOF. Net soos julle in die alledaagse lewe nie veel kan uitvoer met klein swak dingetjies nie, sal julle ook nie ver kom met swak geloof nie. Dit is alleen met sterk geloof dat My beloftes verkry kan word. Ek, Elohim is ‘n God van geloof en julle moet dit in gedagte hou. Julle as gelowiges is My kinders. Julle is geloofskinders van ‘n God van geloof. As julle My wil behaag en julle wil hê dat My beloftes vir julle waar moet word, dan moet julle dit deur die kanaal van geloof doen en verkry. “En sonder geloof is dit onmoontlik om My te behaag; want hy wat tot My gaan, moet glo dat Ek ‘n beloner is van die wat My soek.”
As julle in die spieël kyk, sien julle wat verkeerd is. Dit is nie vir julle ‘n probleem om wat verkeerd is, raak te sien nie, julle probleem is om te weet hoe om dit wat verkeerd is, reg te maak; hoe julle ontslae kan raak van dit wat verkeerd is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205