HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 17
Jou geregtigheid in My (Messias) moet vir jou 'n werklikheid wees
02/02/2008 om 12h06
Daar is baie gelowiges wat in My, Elohim glo, wat gereeld dienste bywoon en wat dit as die "onvergeeflike sonde" sal beskou as hulle dit nie bywoon nie, wat vir die res van die week sal voel dat daar iets verkeerd is, en tog het hulle nog nie geleer om sterk geloof te beoefen nie. As julle in My is, as julle My as julle persoonlike verlosser ken, dan het julle geloof. Die Skrif sê vir julle dat julle geloof het. Wat wel verkeerd is, is dat baie van julle geloof het wat swak is. Dit is waarom dit nie uitwerk nie. Kyk, as 'n battery swak is, sal dit nie die motor aan die gang sit nie. Net so min sal swak geloof geestelike dinge in jou lewe laat gebeur. Julle moet sterk geloof hê as julle die beste wil verkry wat Ek julle aanbied en wat tot julle beskikking is. Ek, Elohim, wil hê dat julle die beste moet hê, maar dit word alles slegs verkry deur die kanaal van geloof.
As julle op die gebied van STERK GELOOF begin wandel, sal dinge vir julle begin regkom in julle geestelike lewe. Kyk, van julle sal sê: Jy weet nie of jy jou verpligtinge sal kan nakom nie. Jy kry so swaar noudat die lewenskoste so styg, jy weet nie wat jy gaan doen nie. Dinge is regtig moeilik, hoe gaan jy deurkom?" Julle sê dat julle die Skrif glo van Genesis tot Openbaring. Glo julle werklik? Kyk die Skrif sê: "En Ek, Elohim sal elke behoefte van julle vervul na My rykdom in heerlikheid deur My". Julle moet handel volgens wat julle glo. Dit is meer as om te net te glo. Julle moet dit wat julle glo, omsit in dade. Dit is wat geloof is: Om iets te doen omtrent wat julle glo. As julle sê dat julle glo, en julle handel nie daarvolgens nie, bedrieg julle julleself. Baie van julle sê: "O, ek het groot geloof, ek het nog altyd geglo", maar julle bly gefrustreerd en weet nie na watter kant om te draai nie. As julle geloof het, gebruik dit. Beoefen dit! Julle moet weet dat julle geregverdig is in My. Voordat julle nie hierdie dinge as 'n werklikheid in julle lewe aanvaar nie – nie daaroor dink of hoop dat dit so sal wees, maar dit werklik besef, as deel van jou alledaagse lewe, sal jy nooit 'n suksesvolle gelowige wees nie.
Ek, jou Hemelse Vader, herhaal weer: "beoefen jou geloof."
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205