HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 14
29 Januarie 2008 om 11h15
Of julle dit nou wil weet of nie, Ek, Jahshua, moes geestelik sterf. Ek het tweemaal gesterf. Die Skrif sê dat Ek vir julle sonde geword het, en Ek het die sonde in die vlees veroordeel. Die enigste manier waarop Ek sonde in die vlees kan veroordeel, was dat Ek self sonde moes word. Dit is wat Ek in die Tuin van Getsemané bedoel het waar Ek gebid en gesê het: "Vader as dit U wil is, laat hierdie beker by My verbygaan." Daardie "beker" waarvan Ek gepraat het, het al die afsaksels van sonde en veroordeling bevat, en Ek was op die punt om daardie beker te drink, om in die proses Sonde te word. My natuur en My Gees het daarteen in opstand gekom, en Ek het gesê: "Vader, as daar enige ander manier is, laat hierdie beker by My verbygaan," omdat dit beteken het dat Ek, wat geestelik lewendig was vir Elohim en geen sonde geken het nie, nou geestelik moes sterf deur daardie beker te drink. Ja, daardie beker het die sonde van die hele wêreld verteenwoordig.
As Ek, Jahshua, julle offer wou wees, moes Ek sterf en sonde word. Dit word daarom bedoel wanneer daar gesê word, Ek het geestelik gesterf. Kyk, julle kan nou weer gebore word as gevolg van wat Ek vir julle gedoen het, en op grond van wat Ek vir julle gedoen het, kan julle wettiglik My, Elohim, se kinders word. Julle is wedergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur My Lewende Woord wat tot in ewigheid bly. Julle is weer gebore deur My Woord. Ja, julle is weer gebore deur My Woord en My Gees. Dit is die Gees wat lewendig maak deur die Woord: Namate die Gees die Woord vrugbaar maak, word dit lewendig in julle. Dit is julle verantwoordelikheid om te handel soos lewende kinders van My, Elohim. Kyk die Skrif sê: "En julle het Ek lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sonde." Ja, jy was dood! Jy was dood in sonde, jy was dood in misdade en daar staan dat Ek jou lewend gemaak het in Messias. Want julle is My maaksel, geskape in Jahshua Messias tot goeie werke wat Ek, Elohim, voorberei het, sodat julle daarin kan wandel. Besef julle, dat elke keer as julle julleself verkleineer, elke keer as julle sê "Ek is onwaardig, ek beteken niks, of ek is swak en ek kan dit nie doen nie, en ek is nie goed genoeg nie," werp julle 'n klad op My mooi skepping.
As jy jouself begin sien, as jy na jouself begin kyk en sê: "Jy is 'n kind van Elohim. Jy is 'n kind van My, die Koning. Jy is 'n erfgenaam en mede-erfgenaam van Jahshua Messias." As jy dit sê, in plaas van al die negatiewe dinge wat jy bely het, sal jy begin styg na die vlak vanwaar jy in staat sal wees om sterk geloof te beoefen.
Uit genade is julle gered!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205