HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 22
Word innerlik Godsbewus.
10/02/2008 om 11h20
Wat julle moet doen, My kinders, is om innerlik God bewus te word. Jy moet in die spieël van My Woord kyk en uitvind wat Ek van jou sê en dan begin handel asof jy werklik so is. Jy moet glo dat dit werklik jy is; jy moet begin praat daaroor; jy moet begin verwag dat die dinge wat jy is, in jou lewe openbaar sal word, en dan sal dit gebeur. So lank as wat jy rondloop met 'n lae dunk van jouself en jy dink: “Ek is net 'n ou sondaar, gered deur genade, o, ek is so swak en onregverdig, Ek weet nie hoe ek die paal gaan haal nie,” sal jy dit nie regkry nie. Jy het so pas gesê jy sal dit nie regkry nie en Ek Jahshua het gesê jy sal kry wat jy sê. As jy sê jy gaan die paal nie haal nie, dan beroof jy jouself. Kyk, jy is geregverdig, omdat Ek, jou Vader, vir jou gesê het dat jy geregverdig is. Ek is die Een wat vir jou geregtigheid betaal het. Jy moet staatmaak op wat Ek van jou sê, en nie eers wat jy van jouself dink is van belang nie. Die Skrif sê: “As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”
Een rede waarom jy nie regverdig voel nie, is omdat jy nie jou sonde bely het nie. Die las van die sonde mag dalk nog steeds oor jou hoof hang. Al wat jy moet doen, is om hulle te bely en hulle sal daar nie meer wees nie. Daar staan geskrywe: “As julle, julle sonde bely, Ek is getrou en regverdig om julle die sonde te vergewe en julle van alle ongeregtigheid te reinig.” Jou gemeenskap is verbreek, omdat daar onbelyde sonde in jou lewe is. Ja, al wat jy moet doen, is net om dit te bely. Sê vir My wat jy gedoen het en vergeet dan daarvan. Werp dit om My en Ek sal dit uitwis.
Julle moet bewus wees van julle geregtigheid in My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205