HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 15
Raak ontslae van jou sondebewustheid.
29 Januarie 2008 om 13h00
As julle sê dat julle sondaars is, gered deur genade, bely julle steeds dat julle in dieselfde toestand is voordat Ek, Jahshua, julle gered het. Julle is besig om julleself te veroordeel. As jy 'n nuwe skepsel is, is jy nie meer wat jy was nie. Hou dus op om te bely en dan dink dat jy nederig is. As jy dit doen,is jy onkundig en jy voed die duiwel se leuen. Hou op om so te sê. Jy is nie 'n sondaar gered uit genade nie. Jy was 'n sondaar, maar jy dank My, Elohim. Ek het jou deur My genade gered, en nou is jy 'n nuwe skepping. Jy is weer gebore. As jy voel dat jy 'n sondaar is, behoort jy op te hou om soos 'n sondaar te leef. Jy moet onthou dat jou verlede begrawe is, dit bestaan nie meer nie. Dit is alreeds geoordeel en dit sal nooit meer opstaan teen jou nie. Kyk, in die Skrif is geskryf: "Ek, Elohim, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie, Ek het jou sondes uitgewis, nie om jou onthalwe nie, maar om My ontwil". As Ek, Elohim, dit nie meer onthou nie, waarom onthou jy dit dan?
As jy weer gebore is, behoort daar nie meer sondebewustheid te wees nie, omdat Ek gesê het: "Ek sal jou oortredings uitdelg om My ontwil en Ek sal aan jou sondes nie meer dink nie". As jy sondig, moet jy daardie sonde bely en dan vergeet daarvan. Die duiwel sal probeer om jou dit te laat onthou. Leser, as jy eenmaal vergewe is, dan is jy vrygemaak. Ja, Ek vergeet daarvan nadat jy My gevra het om jou te vergewe. Luister na hierdie woorde: "Want deur een offer het Ek vir altyd volmaak, die wat geheilig word. En ook die Heilige Gees gee aan julle getuienis; want nadat Ek tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met julle sal sluit na die dae: Ek sal My wette gee in julle harte, en in julle verstand sal Ek dit inskrywe. En aan julle sondes en julle ongeregtigheid sal Ek nooit meer dink nie." Jy hoef nie met jou stert tussen die bene te kom nie. Jy hoef nie al knielende en kruipende op jou hande en knieë te kom nie. Daar staan geskrywe: "Laat julle toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid.
Ek, Jahshua, sê vir julle: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My Woord hoor en My glo wat My gestuur het, het die ewige lewe, en kom NIE in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe." Ja, jy is geoordeel deur My, Jahshua se bloed en Ek, Elohim, het jou aangeneem as My kind. Jy moet begin lewe asof jy My kind is. Kyk, Ek het alreeds genade aan jou betoon. Omgord die lendene van julle verstand, trek jou klere reg en staan fier en regop, want julle is My kinders.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205