HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 23
Ek Elohim woon in die mens deur My Gees.
10/02/2008 om 15h 45
Sommige van julle wat vandag hier lees, is nog steeds soekend; julle smeek My, Elohim, nog steeds. Julle probeer nog steeds om iets te kry wat julle krag sal gee wat julle lewe tot seën vir andere sal maak en julle in staat sal stel om oorwinnend te lewe. Wat julle nie verstaan nie, daar is baie wat vervul is met die Gees, wat die ervaring gehad net om die gawe van die Heilige Gees te ontvang, maar julle twyfel daaraan. Julle wandel nie in die volheid van daardie krag nie. Julle wandel nie in die heerlikheid en bonatuurlikheid wat Ek vir julle gedoen het nie. Die Heilige Gees is in julle, nie daar buite nie, maar binne – in julle. Voordat dit nie vir julle 'n lewende werklikheid is nie, sal julle nooit in staat wees om 'n sterk geloof te beoefen nie. Die een wat in julle is of in julle kan wees, is die Heilige Gees. Die een wat in die wêreld is, is Satan.
Die Skrif sê dat: “Hy wat in julle is, is groter as hy wat in die wêreld is.” Dit is die rede waarom julle nie die onderspit kan delf nie. Dit is die rede waarom julle nie neerlaag wil aanvaar nie; dit is die rede waarom julle altyd bo–op die berge sal wandel en nie onder hulle nie. As julle ooit gevul was met die Heilige Gees, as julle ooit die gawe van die Heilige Gees ontvang het, dan besit julle nou daardie krag. Julle geloof moet gebaseer op My Woord wees, nie op julle gevoelens daaromtrent nie. My Woord is waar, ongeag hoe julle daaromtrent voel. Ja, die Heilige Gees woon in julle, omdat Ek, Elohim, wil hê dat julle 'n oorwinnaar moet wees. Kyk, julle is die tempel van My, julle lewende Elohim. Ek woon in en openbaar Myself in mense. Julle is My medewerkers. Op die aarde doen Ek niks sonder die mens nie. Julle moet dit verstaan.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205