HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 27
Vertrou op die een wat groter is.
13/02/2008 om 14h00
Vertrou op die Een wat groter is, Ek Elohim sal vir ewig in jou bly. Kyk, Ek het gesê: “Ek sal jou nooit begewe of jou nooit verlaat nie.” Ek is in jou. “Ek sal julle die Heilige Gees gee en Hy sal vir altyd by julle bly.” Ja, Ek Jahshua, sê vandag vir jou as jy die gawe van die Heilige Gees ontvang het, sal daar uit jou binneste “strome van lewende water vloei.” Julle kan van 'n fontein lewe, in die sin dat dit julle van drinkwater sal voorsien. Ja, julle kan die water drink en aan die lewe bly, maar weet julle wat julle nie met die fontein kan doen nie? Julle kan nie die water gebruik om enige werk te doen nie, want stilstaande water kan nie krag voortbring nie. Lopende water produseer krag.
Ek, Elohim, wil hê dat julle vervul moet wees met die Gees, sodat julle meer kan doen as om net te lewe. Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê. Ek is julle Trooster, julle Vader, julle Vriend en julle Vertroueling. Vir al julle behoeftes kan julle na My toe kom. Ek sal julle voed, julle bemoedig, julle vrees sal Ek stil, ja, Ek sal alles vir julle doen. Kyk, Ek sal julle nooit agterlaat nie, Ek sal aan julle iemand gee om julle te help en julle by te staan in My dinge. Dit is die Heilige Gees.
Kyk My kinders, Ek sê vandag vir julle, laat elkeen van julle tot bekering kom tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Ek, Elohim, herhaal, julle sal DIE HEILIGE GEES ontvang.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205